Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Boerdery Ek skryf om my waardering uit te spreek vir die reeks “Boerdery—Waarom in ’n krisis?” (8 Oktober 2003). Ek woon in ’n plaasgemeenskap. As gevolg van ’n swak ekonomie en ander faktore verkoop boere hulle grond. Dit lyk asof daar elke dag nuwe behuisingskemas opgerig word wat landbougrond vervang. Partykeer wonder ek of daar enige grond oor sal wees om te bewerk. Dit is goed om te weet dat Jehovah die boerderykrisis permanent gaan oplos.

V. A., Verenigde State

Mosaïeke Dankie vir die artikel “Mosaïeke—skilderye in klip” (8 Oktober 2003). ’n Foto van ’n mosaïek wat in ’n nabygeleë staatspark vertoon word, het daarin verskyn. Ek woon al meer as tien jaar naby hierdie park en het nog nooit die mosaïeke gesien nie. Ek het dus daarna gaan kyk en was baie beïndruk. Nou het ek meer waardering vir die mosaïekkuns.

E. D., Verenigde State

Ek wou nog altyd meer van mosaïeke weet—veral sedert ons in 1993 na die byeenkoms van Jehovah se Getuies in Rusland gegaan het. In St. Petersburg en Moskou kon ons talle pragtige mosaïeke bewonder. Ons wil dankie sê aan die kunstenaars wat jare aan hierdie kunswerke gewy het en aan julle vir die leersame artikel.

B. Z., Duitsland

Alternatiewe lewenswyses Dankie vir die artikel “Die Bybelse beskouing: Alternatiewe lewenswyses—Keur God dit goed?” (8 Oktober 2003). Ek is 17 jaar oud en is as ’n Christen grootgemaak. Maar ek het homoseksuele begeertes begin kry toe ek nog baie jonk was. Dit is vir my moeilik om my begeertes te verstaan, maar dit is goed om te weet dat Jehovah verstaan wat ek deurmaak. Vir al die ander wat met sulke gevoelens worstel, wil ek net sê: Moenie moed opgee nie!

J. M., Verenigde State

My hele lewe lank is ek deur verwronge seksuele gevoelens geteister. Julle artikel het my situasie bespreek. Blootstelling aan pornografie op ’n baie jong ouderdom en die feit dat ek seksueel gemolesteer is, het ’n verwoestende uitwerking op my gehad. Dankie dat julle my gehelp het om myself te verstaan.

J.B.M., Verenigde State

Wanneer dit by seksuele voorkeure kom, is dit verstandig om die uitwerking van gene, hormone, opvoeding en baie ander faktore in ag te neem. Dit is waar dat diegene wat ’n stryd voer teen homoseksuele neigings, ondersteuning in die Christengemeente kan vind.

D. L., Brittanje

“Ontwaak!” antwoord: Ons hart gaan uit na enigiemand wat met hulle seksuele gevoelens worstel. Soos ons artikel erken het, kan die oorsake van sulke probleme ingewikkeld wees. Maar solank ’n mens nie doelbewus sedelike drange opwek of daaraan toegee nie, kan jy rein bly in Jehovah se oë. Wees verseker dat Jehovah God verheug is wanneer iemand sulke pogings aanwend om sedelik rein te bly.—Spreuke 27:11.

Windmeule Ek het die artikel “Windmeule—herinneringe aan ’n vergange tyd” (8 Oktober 2003) geniet. Ek het geleer dat windmeule nie net gebruik is om graan tot meel te maal nie, maar ook vir baie ander doeleindes. Ek is ’n eenvoudige plaasseun en kan nie vir julle sê hoe bly ek is oor al die inligting wat julle voorsien nie.

S. A., Rusland

Waardeer Ontwaak! Dankie vir die Ontwaak! van 8 Oktober 2003. Dit was die heel eerste keer dat ek die tydskrif heeltemal deurgelees het. Maar ek het begin besef dat ek alles moet lees wat Jehovah ons gee. Ek was in elk geval verbaas om te sien hoe interessant dit is! Dit is so jammer dat ek hierdie wonderlike tydskrif al die tyd gehad het en dit nooit deurgelees het nie!

R. K., Japan