Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Ek kon dit net nie neersit nie”

“Ek kon dit net nie neersit nie”

“Ek kon dit net nie neersit nie”

Dit was wat Lenita gesê het nadat sy die boek Gee ag op Daniël se profesie! gelees het. In haar brief van waardering het Lenita gesê: “Die boek is ongelooflik! Dit klink seker soos ’n cliché, maar ek kon dit net nie neersit nie. Die eerste hoofstukke lees soos ’n geskiedkundige roman, en regdeur die boek het ek gevoel asof ek en Daniël tydgenote is. Ek het nog nooit die boek Daniël so goed verstaan nie.”

Sy het bygevoeg: “Wat meer is, dit is ’n wonderlike geskiedenisboek—wat die wêreldmoondhede, die veldslae en die mense wat daarby betrokke was, beskryf. Ons jong dogter wat tuis onderrig word, het dit begin lees, en ek wil haar aanmoedig om dit klaar te lees en dit vir geskiedenislesse te gebruik.”

As jy graag die boek Gee ag op Daniël se profesie! wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die boek Gee ag op Daniël se profesie! by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.