Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Dit het my baie verander”

“Dit het my baie verander”

“Dit het my baie verander”

Dit is wat ’n 12-jarige seun van Virginië, VSA, geskryf het oor die nuwe boek Leer by die Groot Onderwyser. Hy het gesê dat dit hom dinge geleer het wat hy nie geweet of al ooit van gehoor het nie. Hy het verduidelik:

“Leer by die Groot Onderwyser het my geleer om God altyd lief te hê, om met almal oor hom te praat en in gebed met hom te gesels. Dit het my ook geleer om God te vra om ons te help en te beskerm. Ek het geleer dat enigeen wat God liefhet en doen wat God ons beveel, in die Paradys sal wees.

“Dit het my baie verander. Voorheen het ek altyd leuens vertel, maar toe ek hierdie boek begin lees, het ek daarmee opgehou. Wat ek in hierdie boek geleer het, het gemaak dat ek nog sulke boeke wil lees. Ek sal dus bly wees om meer oor God te lees en uit te vind.”

Jy sal moontlik dieselfde voel wanneer jy hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye lees wat dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif is. Jy sal dit ook moontlik geniet om hoofstukke te lees soos: “Jesus leer ons bid”, “’n Les om goedhartig te wees”, “Hoe om gelukkig te wees” en “Hoekom ons nie leuens moet vertel nie”. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Prent op bladsy 32]

Wat het hierdie seuntjie gedoen wat verkeerd is?