Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“Wanneer gaan jy dit alles lees?”

“Wanneer gaan jy dit alles lees?”

“Wanneer gaan jy dit alles lees?”

In Julie 2001 het ’n man in Khabarowsk, in die ooste van Rusland, 34 nommers van die Ontwaak! in ’n stadsbiblioteek gekry. Hy het dit uitgeneem, en in Augustus toe hy die tydskrifte moes ingee, wou hy nie daarvan afstand doen nie. Hy het dit dus tot September hernieu. Hy het so baie van die tydskrifte gehou dat hy dit weer in November uitgeneem het, saam met ses nuwe nommers.

Die man het voorheen altyd godsdienspublikasies vermy. Waarom het hy die Ontwaak! begin lees? “Want die meeste artikels in hierdie tydskrif bespreek interessante maatskaplike probleme wat elkeen raak”, het hy geskryf.

“Daar is dikwels interessante ‘uitstappies’ na moderne stede en lande, asook inligting oor mense se tradisies”, het die man verder gesê. Hy geniet dit ook om artikels te lees oor mense wat sukses in die lewe behaal het, nie hulle geestelike waardes prysgegee het nie en ander gehelp het om teëspoed en rampe te verduur. Wat dink hy van die tydskrif? “Daar kan waarlik gesê word dat Ontwaak! ’n kombinasie is van Time, Popular Science en National Geographic!”

Die man het ouer nommers van die Ontwaak! vanaf 1995 in Russies aangevra. Benewens die Ontwaak! het hy verskeie boeke en brosjures aangevra wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word. Hy het geskryf: “Julle vra dalk: ‘Wanneer gaan jy dit alles lees?’” Hy het sy eie vraag beantwoord deur te sê dat hy tyd het om waardevolle materiaal te lees, aangesien hy nie baie tyd voor die televisie of op die Internet deurbring nie.

Ontwaak! bied ’n oorvloed inligting oor aktuele aangeleenthede en gee insig oor hoe om vandag se probleme die hoof te bied. Jy kan Jehovah se Getuies gerus vra om die jongste nommers van Ontwaak! elke maand by jou af te lewer.

[Prent op bladsy 31]

Kinders—Wat hulle van hulle ouers nodig het

[Prent op bladsy 31]

Verstaan gemoedsversteurings

[Prent op bladsy 31]

Ken jy God by name?

[Prent op bladsy 31]

Die kernbedreiging—’n Werklikheid?

[Prent op bladsy 31]

Hoop—Waar kan jy dit vind?

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Kernontploffing: U.S. Department of Energy photograph