Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Omgewing Die reeks “Ons omgewing—Kan ons dit red?” was vir my baie spesiaal (22 November 2003). Ek sien uit na die tyd wanneer Jehovah sy pragtige aarde sal reinig en dit tot sy oorspronklike toestand sal herstel. Dit maak my hartseer om te sien hoe die mens ons tuiste verniel het!

D. L., Brittanje

Ek is 15 jaar oud en het gewoonlik nie al die nommers van die Ontwaak! gelees nie. Maar nadat ek hierdie reeks gelees het, wil ek dit van nou af gereeld lees! Die artikels het my heelwat interessante dinge oor ons planeet geleer. Ek het hierdie inligting later in die skool gebruik en goeie punte gekry.

S. V., die Oekraïne

Veelvuldige sklerose Ek wil julle hartlik bedank vir die artikel “Die lewe met veelvuldige sklerose” (22 November 2003). Dit is nou byna ’n jaar sedert ek met hierdie siekte gediagnoseer is. Ek het die gebruik van my arms, bene en linkeroog verloor. Vroeër het ek dikwels negatiewe gedagtes gehad. Maar soos julle artikel voorgestel het, probeer ek my sin vir humor behou en op positiewe dinge konsentreer. Dankie vir die bemoedigende artikel.

M. A., Japan

Ek ly al 14 jaar aan hierdie siekte. Dit is egter nie baie bekend in Japan nie. Toe ek gehoor het dat hierdie artikel gaan verskyn, het ek my man en vriende in die gemeente dus daarvan vertel. My vriende toon nou groter besorgdheid oor my en hulle help my.

N. S., Japan

Hierdie artikel se beskrywing van die siekte, hoe dit vorder en wat die gevolge daarvan is, is so akkuraat! Vrae wat ek al jare lank het, is uiteindelik beantwoord. Baie van my beste vriende het vir my gesê dat hulle nie besef het wat dit behels om MS te hê nie.

M. W., Duitsland

Ek is ’n enkelmoeder met drie kinders. Ek het hierdie artikel gelees terwyl ek in die hospitaal was met my vierde MS-aanval. Die artikel het my diep geraak. Dit klink dalk vreemd, maar hierdie ongeneeslike siekte het my verhouding met Jehovah en my vertroue in hom grootliks versterk.

M. H., Duitsland

Hierdie artikel sal dié van ons wat deur MS geraak word, help. Hoewel ek nou in ’n rolstoel is, neem ek aan die voltydse predikingswerk deel, hoofsaaklik deur van die huis af oor die telefoon te getuig. Weens my verlamming het ’n Christensuster hierdie brief namens my geskryf.

M. G., Frankryk

Ek is sowat 21 jaar gelede met MS gediagnoseer. Ek dien as ’n Christen- ouer man, maar die broers het liefdevol my werklas ligter gemaak sodat dit nie my siekte vererger nie. Wat ’n wonderlike tyd sal dit tog wees wanneer “geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie”, soos Jesaja 33:24 sê!

E. C., Verenigde State

Mississippi-ramp Ek was geskok deur die artikel “Toe die rivier agteruitgevloei het” (22 November 2003). Dit wys vir my net hoe kragtig die natuur is en hoe magteloos die mens is wanneer rampspoed tref. Julle artikel het my voorneme versterk om my vertroue in die Bybel te stel.

M. J., Mauritanië

Hoewel die gebeure wat beskryf word, byna 200 jaar gelede plaasgevind het, het dit vir my soos ’n ooggetuieverslag geklink. Terwyl ek die artikel gelees het, was dit asof ek daar was en gesteier het weens die geweld van die water. Ek het elke paragraaf gretig gelees.

V. R., Rusland