’n Regsgeleerde vra hulp
’n Regsgeleerde vra hulp
’n Regsgeleerde, wat ontsteld was oor hoeveel huwelike op ’n egskeiding uitloop, het na die takkantoor van Jehovah se Getuies in Brasilië geskryf: “Baie van die mense wat na my kantoor toe kom, het reeds met die skeiproses begin. Dit is so frustrerend om te hoor waarom hulle hulle huwelik wil beëindig; redes soos swak kommunikasie en ’n gebrek aan ware liefde. Hulle is geheel en al onbewus van die raad in julle publikasies.”
Aangesien hy bekend is met Jehovah se Getuies, het die regsgeleerde geskryf: “Ek sal dankbaar wees as julle vir my lektuur kan stuur wat ek vir my kliënte kan gee om hulle te help om oor die erns van die huwelik na te dink, hulle besluit te heroorweeg en weer in vrede en geluk saam te lewe.”
As jy waardevolle Bybelraad wil hê oor hoe om ’n suksesvolle huwelik te geniet, sal ons graag die boek Die geheim van gesinsgeluk by jou aflewer. Dit bespreek twee noodsaaklike faktore wat dit vir ’n egpaar moontlik maak om gelukkig saam te lewe en die deur tot talle seëninge te ontsluit. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Die geheim van gesinsgeluk by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.