Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kaarte—’n Hulpmiddel by Bybellees

Kaarte—’n Hulpmiddel by Bybellees

Kaarte—’n Hulpmiddel by Bybellees

Probeer jy ooit, wanneer jy in die Bybel lees oor mense en die plekke waarheen hulle gereis het, om die roete wat hulle gevolg het of die land wat hulle besoek het, te visualiseer? Jy kan jou kennis van Bybelgeografie nou verbreed met behulp van die onlangs gepubliseerde Bybelatlas ‘Sien die goeie land’.

’n Vrou in Ierland wat ’n eksemplaar van die brosjure ‘Sien die goeie land’ ontvang het, verduidelik: “Elke oggend wanneer ek my Bybellees doen, maak ek goed gebruik van my brosjure. Hoe opwindend is dit tog om die voetspore van die mense—die profete, die konings—te volg en jou voor te stel watter probleme hulle in hulle reise gehad het, die afstande wat hulle afgelê het asook die plekke waar hulle gewoon het. Ek voeg my eie kort aantekeninge op die kaarte by terwyl ek lees. Ek is nog in die Hebreeuse Geskrifte, maar ek kan nie wag om met die Griekse Geskrifte te begin nie.”

Jy kan ’n eksemplaar van die volkleurbrosjure met 36 bladsye, ‘Sien die goeie land’, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure ‘Sien die goeie land’ by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Stroomvallei en voorblad van brosjure: Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.