Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hulp en beskerming vir jongmense

Hulp en beskerming vir jongmense

Hulp en beskerming vir jongmense

DIT is hartverskeurend wanneer ’n meisie—wat self maar net ’n kind is—swanger raak, maar nie getroud is nie. Tog is tienerswangerskap iets algemeens, en dit raak almal op die een of ander manier. Die tragedie van tienerswangerskap is net een bewys van die regverdigheid van God se bevel: “Vlug vir die hoerery.”—1 Korintiërs 6:18.

Maar soms besluit ’n jong meisie wat in God se weë onderrig is, om wat sy weet te ignoreer of te verwerp. Sy maak haar skuldig aan geslagsonsedelikheid en raak swanger. Hoe reageer ware Christene? Wanneer so ’n eiesinnige jong persoon bewys lewer dat sy berouvol is, moet haar ouers en ander lede van die Christengemeente haar liefdevol help en ondersteun.

Neem weer eens Nicole se voorbeeld. Haar ouers het haar as een van Jehovah se Getuies grootgemaak. Dit was dus baie ontstellend toe sy as ’n ongetroude meisie swanger raak. Tog sê Nicole: “Mede-Christene het my by die huis besoek en my probeer aanmoedig om die Bybel te studeer en na aan Jehovah te bly.”

Nee, Jehovah se Getuies keur nie seksuele wangedrag goed nie. Maar hulle besef dat oortreders ‘verander kan word’ as hulle Bybelbeginsels toepas (Romeine 12:2). Hulle glo vas dat God berouvolle oortreders vergewe (Efesiërs 1:7). Hulle besef ook dat ’n kind, selfs al word hy buite-egtelik gebore, niks verkeerds gedoen het nie. Lede van die Christengemeente sal dus nie so ’n kind stigmatiseer nie, maar sal hom of haar eerder met dieselfde liefdevolle geneentheid, medelye en goedhartigheid behandel as enige ander kind in hulle midde.—Kolossense 3:12.

’n Enkelma het die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer. Sy het vinnig op die Bybel se boodskap gereageer en groot veranderinge in haar lewe aangebring. Sy het van die Getuies gesê: “Hulle het almal opregte belangstelling in my en my kinders getoon. Hulle het vir my kos en klere gegee toe dit nodig was, asook finansiële hulp. Toe ek aan die vereistes voldoen het om saam met Jehovah se Getuies aan die veldbediening deel te neem, het hulle my baba opgepas. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om my te help om ware liefde vir Jehovah op te bou.”

Voorkoming

Dit is nietemin baie beter om jongmense te help om sulke probleme in die eerste plek te voorkom. Jehovah se Getuies probeer dus ’n hartlike, liefdevolle gesinsatmosfeer vir hulle kinders skep. Die Getuies maak nie bloot van bangmaaktaktieke gebruik nie—deur ’n vrees vir vigs of selfs vir swangerskap te bevorder nie—hulle probeer eerder ’n ware liefde vir Jehovah God en sy wette by jongmense inskerp (Psalm 119:97). Hulle glo dat kinders akkurate inligting oor seks gegee moet word. Nog belangriker, hulle glo dat kinders van kleins af die sedelike beginsels in die Bybel geleer moet word (2 Timoteus 3:15). Formele onderrigting word by plaaslike Koninkryksale van Jehovah se Getuies voorsien. Maar Getuie-ouers word ook aangemoedig om hulle kinders persoonlik uit die Bybel te leer. Lektuur, soos die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, is uitgegee om ouers te help om hulle kinders sedelike leiding te gee. a

As ’n mens die Bybel se streng sedelike standaarde volg, gaan jy teen die stroom van onsedelikheid waardeur die wêreld meegesleur word. Maar dit is ’n lewenswyse wat miljoene jong meisies kan help om die tragedie van tienerswangerskap vry te spring.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Prent op bladsy 12]

Ware Christene behandel ongehude ma’s met goedhartigheid en bedagsaamheid