Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Presies wat jongmense moet weet

Presies wat jongmense moet weet

Presies wat jongmense moet weet

Lesers, jonk en oud, sê reeds jare lank dat die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk presies voorsien wat jongmense moet weet. ’n Meisie in haar middeltienerjare van Sinaloa, Mexiko, het tien van hierdie boeke vir van haar vriende aangevra. Sy het gesê dat sy regtig van die boek gehou het, al is sy nie een van Jehovah se Getuies nie, en het verduidelik: “Ek het baie respek vir julle.”

Sy het gesê: “Ek het baie vriende wat heelwat vrae oor die lewe het. Ek het die boek vir hulle gewys, en hulle het baie daarvan gehou. Die boek is uitstekend en het alles wat ’n jongmens graag sou wou weet.” Sy het gevra of die boeke afgelewer kan word voordat die skool vir die somervakansie sluit.

Die Jongmense vra-boek het 39 hoofstukke. Dit sluit in: “Wat kan ek doen sodat my ouers my meer vryheid sal gee?” “Hoe kan ek ware vriende maak?” “Wat van voorhuwelikse seks?” en “Hoe weet ek of dit ware liefde is?” Jy kan hierdie boek met 320 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.