Dit het haar vertroos
Dit het haar vertroos
’n Jong volwassene van Japan het onlangs geskryf dat sy, selfs voor haar tienerjare, aan depressie gely het. Wat haar vertroos het, het die meisie gesê, is ’n prentjie van ’n kind in sy vader se arms, wat in ons medetydskrif Die Wagtoring verskyn het. Die byskrif het gesê: “Soos die tere omhelsing van ’n liefdevolle vader, kan die vertroostinge wat Jehovah gee, ons angs verlig.”
Die meisie het verduidelik dat die boek Leer by die Groot Onderwyser haar ook vertroos het. Hoe so? “Dit is geskryf in die styl van ’n pa wat met ’n klein kindjie praat. Wanneer ek dit lees, voel dit asof ek in Jehovah se arms is, en ek kan my trane nie keer nie. Soms wil ek net hê dat iemand na my moet luister en op ander tye met my gesels sodat ek na hom kan luister. Maar dít is iets waarvoor ’n jong kind sou vra, en ek kan vir niemand sê om my in hulle arms vas te hou of dat ek wil hê hulle moet met my gesels nie. Daarom doen Jehovah dit voorlopig vir my deur middel van die boek.”
Hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye is laas jaar vrygestel. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.