Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

God se naam Ek het in 1973 ’n Christen geword, en die reeks “Ken jy God by name?” (22 Januarie 2004) is een van die mooiste, breedvoerigste besprekings van God se naam wat ek nog gesien het. Die treffende voorblad, uitleg en ontwerp asook die onweerlegbare logiese aanbieding maak hierdie reeks ’n meesterstuk. Knap gedaan!

D. L., Verenigde State

Ek het onlangs as ’n voltydse evangeliedienaar begin dien, en ek voel baie nader aan Jehovah as vroeër. Die reeks oor God se naam was dus vir my baie interessant. Die venster “God ken jou by name” het getoon dat God vir elkeen van ons omgee, al is daar soveel mense op die aarde. Dit het die begeerte by my gewek om meer van Jehovah te leer en te doen wat hom behaag.

M. J., Japan

Ek het gedink die reeks is insiggewend, omvattend en deeglik nagevors en op ’n baie interessante en treffende manier aangebied. Ek het ook baie daarvan gehou om 39 vorme van Jehovah se naam boaan die bladsye te sien. Hierdie aanbieding strek Jehovah se naam tot eer en behoort by regskapenes byval te vind.

G.D.M., Verenigde State

Wetenskaplike se geloof Die artikel “Waarom ek die Bybel glo—’n Kernwetenskaplike vertel sy verhaal” (22 Januarie 2004) het my diep geraak. Ses jaar gelede het grondige, gestaafde feite my ook van Bybelwaarhede oortuig. Vandag het ek ook diepe waardering vir wat ek geleer het. Ondervindinge soos dié van Alton Williams versterk my geloof. Ek is dankbaar dat Jehovah aan elke persoon bewyse voorsien wat sy of haar besondere behoeftes bevredig.

E. L., Hongarye

Afrikablomme Ek skryf om my waardering uit te spreek vir die artikel “Namakwaland se jaarlikse wonderwerk” (22 Januarie 2004). Dit is ongelooflik om die groot verskeidenheid blomme te sien wat Jehovah vir ons genot gemaak het. Terwyl ek die artikel gelees het, het ek die woorde van die psalmis Dawid onthou: “U werke is wonderbaar, soos my siel alte goed weet.”—Psalm 139:14.

A. J., Mexiko

Huiswerk Ek is in my eerste jaar op hoërskool, en ek het nog altyd gesukkel om my tyd goed te gebruik. Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek die tyd vind om my huiswerk te doen?” (22 Januarie 2004) gelees, en dit het my gehelp. Ek het nie baie televisie gekyk nie. Maar wanneer ek dit wel gedoen het, het ek een program na die ander gekyk. Nou kyk ek glad nie meer televisie nie.

R. O., Japan

Ek doen ’n studiekursus van die huis af, en ’n mens moet regtig gedissiplineerd wees om elke dag te studeer. Danksy die wenke in die artikel sal ek tyd maak om my huiswerk te doen.

X. R., Verenigde State

My huiswerk het beslis oorweldigend geword. Soms dink my ouers dat ek lui is wanneer dit my lank neem om my huiswerk te doen. Maar partykeer is die huiswerk baie moeilik of het ek soveel daarvan om te doen. Dankie dat julle ons gewys het hoe ons die tyd kan vind om ons huiswerk te doen en ons tyd doeltreffend kan gebruik.

J. S., Verenigde State

Ek het die artikel baie nuttig gevind. Die wenke onder die onderhofie “Benut jou tyd beter” het my gehelp om my studiegewoontes te verbeter.

B. L., Italië