Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe om nader aan God te kom

Hoe om nader aan God te kom

Hoe om nader aan God te kom

Baie mense wat die boek Kom nader aan Jehovah gelees het, het dit aanbeveel. ’n Leser het geskryf: “Ek het dit nou net klaar gelees, en ek is nog nooit so diep geraak nie. Dankie dat julle ons herinner aan wat ’n liefdevolle, goedhartige en besorgde Vader Jehovah werklik is.”

Nog ’n persoon het haar gevoelens so uitgedruk: “Die boek gee my ’n geleentheid om my Vader meer intiem te leer ken—sy verhewe gedagtes en sy innige, liefdevolle gevoelens vir ons almal. Dit is soos om ’n kosbare diamant, skitterend en pragtig, in jou hand te hou en dit stadig in die rondte te draai om elke faset daarvan te bestudeer—elke nuwe hoofstuk is selfs voortrefliker as die vorige.”

En nog ’n vrou het gesê: “Ek het so pas Kom nader aan Jehovah klaar gelees. Toe ek by die laaste twee paragrawe kom, moes ek ’n paar keer stop en bid, want ek is deur soveel ontsag en liefde oorweldig. My waardering vir Jehovah het oneindig vergroot!”

Ons is vol vertroue dat jy ook so sal voel as jy hierdie boek met 320 bladsye lees. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Kom nader aan Jehovah by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.