Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Slaapskuld Dankie vir die reeks “Slaapskuld—Is jy ’n slagoffer?” (8 Februarie 2004). Soos gewoonlik het Ontwaak!-lesers ’n oorvloed leersame inligting en bemoediging ontvang. Ek sukkel al sowat twee en ’n half jaar met slaapapnee. In die begin het ek geweet dat daar iets skort, maar ek het nie geweet wat nie. Nadat ek gediagnoseer is, het ek uitgevind presies hoe ernstig slaapontneming kan wees! Hierdie tydskrif sal my help om my situasie aan my vriende te verduidelik.

W. M., Verenigde State

Ek werk met rekenaars, en as gevolg van my werksure is my slaapgewoontes onreëlmatig. ’n Ruk gelede het ek ’n paar nagte feitlik niks geslaap nie omdat ek werk teen ’n sekere tyd moes klaarmaak. Kort daarna het ek effens verward geraak toe ek tydens ’n vergadering by ons plaaslike Koninkryksaal ’n aankondiging gedoen het. Ek het net mooi die teenoorgestelde gesê van wat ek veronderstel was om te sê! Toe ek hierdie tydskrif lees en sien watter ongelukke weens te min slaap veroorsaak kan word, het dit my regtig banggemaak. Dit het beslis tyd geword dat ek weer na my slaapgewoontes kyk.

T. I., Japan

Ek ly aan “rustelose bene”-sindroom, wat in die reeks genoem word. Hoewel ek ’n paar positiewe stappe geneem het om met my siekte saam te leef, vertrou ek die Bybel se belofte in Jesaja 33:24 dat die tyd binnekort sal aanbreek wanneer “geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie”.

L.O.G., Spanje

Julle artikel het verkeerde inligting oor “rustelose bene”-sindroom bevat. Ek ly aan ’n ernstige vorm daarvan, en die oorsake wat julle genoem het, is verkeerd. Dit is ’n senu-spiersiekte.

Y. J., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Ons artikel het nie die mediese oorsake van hierdie steurnis breedvoerig bespreek nie. Dit het eerder ’n paar dinge genoem waarmee dit volgens navorsers verbind kan word. Maar soos ons voetnoot getoon het, het ’n breedvoeriger bespreking van “rustelose bene”-sindroom in die “Ontwaak!” van 22 November 2000 verskyn. Hierdie artikel het gesê: “Hoewel deskundiges erken dat RBS ’n neurologiese steurnis is, is dit moeilik om die oorsaak daarvan vas te stel.”

Mexikaanse klere Ek het die artikel “Ons waardeer die klere wat ons dra” (8 Februarie 2004) met groot belangstelling gelees. Ek was baie bly dat julle die Chontal van Oaxaca genoem het, al is daar min van hulle in vergelyking met ander etniese groepe. My oupa en oupagrootjie was van die Chontal-stam, en ek dink dat die inligting met baie waardigheid aangebied is.

A. L., Mexiko

Sulke artikels help ons om beter vertroud te raak met ander kulture en rasse. Hou asseblief aan om sulke uitstekende inligting te publiseer, want deur dit te lees, kan ons van mense en plekke leer wat ons nie self kan besoek nie.

M.L.E., Mexiko

Wilde katte Ek is 13 jaar oud, en ek geniet dit baie om die Ontwaak! te lees. Ek het gehou van die artikel “Wanneer katte wild word” (8 Februarie 2004). Ek is lief vir alle diere, maar veral vir katte. Ek sien baie uit na die volgende Ontwaak!

Z. B., Rusland

Reën Baie dankie vir die artikel “Dit reën al weer!” (8 Februarie 2004). Ek wonder al jare lank hoe miljoene tonne water in die atmosfeer gehou kan word. Danksy die Ontwaak! het ek uiteindelik ’n antwoord op my vraag gekry.

G. D., Frankryk