Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Almal moet hierdie boek lees’

‘Almal moet hierdie boek lees’

‘Almal moet hierdie boek lees’

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN POLE

Aan die begin van die noordelike somer van 2003 is die boek Leer by die Groot Onderwyser in ’n groot aantal tale by streekbyeenkomste regoor die wêreld vrygestel. In Pole, soos op ander plekke, was daar ’n merkwaardige reaksie op hierdie pragtig geïllustreerde boek. Hoewel die boek spesifiek vir jong kinders bedoel is, het briewe van tienderjariges en volwassenes getoon dat dit by persone van alle ouderdomme ingang vind. Hier volg ’n paar uittreksels.

“My naam is Agata, en ek is agt jaar oud. Toe ek hierdie boek gekry het, kon ek dadelik voel hoeveel Jehovah vir my omgee. Ek hou die meeste van hoofstuk 7, ‘Gehoorsaamheid beskerm jou’. Ek het nie altyd na my ouers geluister nie, maar ek weet nou dat ek moet verander, want Jehovah is lief vir kinders wat gehoorsaam is.”

Marlena, ’n 13-jarige meisie, skryf met bewondering: “Ek weet dat hierdie publikasie vir jonger kinders bedoel is, maar ek dink dat almal daarvan sal hou. Dit versterk my geloof in Jehovah en Jesus wanneer ek dit lees. Selfs ingewikkelde dinge word op ’n maklike manier verduidelik. Ek kan die boek net nie neersit nie. En die prente is baie mooi! Die vraag by elke prent sal jongmense nuuskierig maak! Die boek is wonderlik, en daarom lees ek dit sorgvuldig deur. Baie dankie.”

Justyna, ’n 15-jarige meisie, sê hoe boeiend sy die boek gevind het: “Die hoofstukke wat ek al gelees het, het my so gefassineer dat ek julle uit my hart wil bedank vir hierdie pragtige en leersame geskenk. Ek dink dat almal hierdie boek moet lees—selfs ouer mense. Die voorbeelde daarin is eenvoudig en is na my mening verstaanbaar genoeg vir ’n eenjarige kind. En die prente is baie leersaam. Eintlik is dit onmoontlik om in woorde te sê wat ek voel wanneer ek die boek lees.”

Eunika spreek ook haar waardering vir hierdie publikasie uit. Hoewel sy 19 is, het sy die nuwe boek gretig gelees en is sy van mening dat dit “prakties vir tieners” is. Sy skryf ook: “Dit bevat waardevolle raad vir die daaglikse lewe—by die huis, by die skool en in die gemeente. Baie dankie vir hierdie geskenk.”

Maria, ’n gelukkige ma van die eenjarige Oliwia, wat haar dogtertjie se reaksie op die kleurryke prente in die nuwe boek waargeneem het, sê: “Ek wil vir julle uit die diepte van my hart dankie sê vir hierdie unieke hulpmiddel om kinders te leer. Die boek het ons Oliwia betower. Sy sit op ons skoot en wil hê dat ons haar moet vertel wat in hierdie of daardie hoofstuk is. Sy hou veral van die prent op bladsy 83 van twee dogtertjies van verskillende velkleur waar die een die ander ’n drukkie gee. Van die ander prente lyk so werklik dat sy daaraan vat, dit teen haar vasdruk en daarvoor glimlag.”

Maria beklemtoon ook die opvoedkundige waarde van die boek: “Dit roer ernstige sake aan rakende seks (bladsye 58-60) en kindermishandeling (bladsye 170-1). Dit is ’n puik hulpmiddel vir ouers wat hulle kinders op ’n verstandige wyse wil grootmaak in vandag se bose wêreld waar daar soveel gevare skuil.”

Die uitgewers van Leer by die Groot Onderwyser is vol vertroue dat die boek ook vir jou en jou kinders sal help om baat te vind by die onderrigting wat bykans 2 000 jaar gelede deur die Groot Onderwyser, Jesus Christus, aan die mensdom gegee is.

[Prent op bladsy 31]

Agata

[Prent op bladsy 31]

Marlena

[Prent op bladsy 31]

Eunika

[Prent op bladsy 31]

Maria en Oliwia

[Prent op bladsy 31]

Justyna