Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hulp met gesinsprobleme

Hulp met gesinsprobleme

Hulp met gesinsprobleme

’n Vrou in Veracruz, Mexiko, het ’n nommer van die Ontwaak! ontvang waarin ’n probleem bespreek is wat haar gesin gehad het. “Dit het werklik my belangstelling gewek”, het sy geskryf, “want ek kon my met die onderwerp vereenselwig.” Haar brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies het verder gesê: “Hierdie inligting sal my sowel as my man en kinders help.”

Die vrou het hierdie versoek gerig: “Ek wil graag meer weet oor Jehovah se Getuies en waar die naaste gemeente is. Ek wil die vergaderinge saam met my gesin bywoon, want ek weet dat ons nader aan God moet kom.” Op die laaste bladsy van die Ontwaak! wat die vrou so beïndruk het, is melding gemaak van die boek Die geheim van gesinsgeluk. Sy het dus ’n eksemplaar aangevra.

In hierdie boek is daar iets vir elke gesinslid—mans, vrouens, ouers, kinders, grootouers—ja, vir elkeen. Van die leersame hoofstukke sluit in “Voed jou kind van kleins af op”, “Help jou tiener om te floreer”, “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede” en “Handhaaf vrede in julle huisgesin”.

Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.