Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Troeteldiere Baie dankie vir die reeks “Troeteldiere—Hoe beskou jy hulle?” (22 Februarie 2004). Ek het veral gehou van die manier waarop die artikels geskryf is; dit het liefde en besorgdheid teenoor diere getoon. Ek sal hierdie tydskrif vir my veearts gee. Sulke artikels sal diereliefhebbers dalk nader aan Jehovah laat kom.

O. M., Italië

Ek het onlangs alleen begin woon en het dus twee katjies gekry. Hulle gee my soveel vreugde, maar ek sien ook die belangrikheid daarvan om nie menslike eienskappe aan hulle toe te skryf nie. Hierdie artikel het my help verstaan dat dit belangrik is om ’n gebalanseerde beskouing van troeteldiere te hê.

K. O., Japan

Ek kan nie genoeg dankie sê nie. Drie weke gelede het ek my hond wat 13 jaar oud was, laat uitsit. Dit was een van die moeilikste besluite wat ek nog moes maak. Daardie oggend het ek die reeks oor troeteldiere weer gelees. Dit was medelydend, insiggewend en nuttig.

S. G., Verenigde State

Ek werk vir ’n man wat bekend is vir die bydraes wat hy lewer tot die hedendaagse dierekosbedryf. Ek het die reeks oor troeteldiere op my kopiestaander gelaat. Terwyl ek uit was vir middagete, het hy die tydskrif gesien, dit gelees en soveel daarvan gehou dat hy die Ontwaak! nou gereeld wil ontvang.

L. W., Verenigde State

Die artikels was uitstekend en het my gehelp om ’n gebalanseerde beskouing van my troeteldiere te hê. Ek kan miskien net noem dat wanneer iemand ’n kat of ’n hond het, hy daaraan moet dink om hulle te laat steriliseer. Een rede waarom soveel honde en katte elke jaar van kant gemaak word, is omdat daar nie vir almal ’n tuiste gevind kan word nie.

C. B., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Dankie dat jy dit onder ons lesers se aandag gebring het.

Julle artikel het gesê dat in God se nuwe wêreld ‘alle mak sowel as wilde diere in vrede met mekaar sal lewe’. Is dit redelik om te dink dat daar nie meer roofdiere sal wees nie?

D. B., Kanada

“Ontwaak!” antwoord: Sedert die mens se sondeval is die balans van baie dinge op ons planeet versteur. Ons sal maar moet wag om te sien presies hoe die Bybel se profesieë dat daar harmonie onder diere in die Paradys sal wees, vervul gaan word. Ons is egter vol vertroue dat ons Skepper alles wat skadelik is, van ons planeet sal verwyder.—Psalm 37:10, 11.

Stap Dankie vir die artikel “Waarom is dit goed om te stap?” (22 Februarie 2004). Ek is bly om te weet dat ’n mens die moontlikheid van hartsiekte en beroerte kan verminder deur bloot te stap! Die artikel het my laat besef dat ek te lank ’n onaktiewe lewenswyse gelei het. Ek sal die raad volg om gereeld te gaan stap.

L. B., Swede

Telefoonseks Ek wil graag my waardering uitspreek vir die artikel “Jongmense vra . . . Telefoonseks—Is dit regtig so verkeerd?” (22 Februarie 2004). Ek het die pynlike ondervinding gehad om met hierdie ernstige probleem te worstel. Dit het slegte geestelike gevolge gehad en tot ernstiger sondes gelei en veroorsaak dat ek my voorregte in die Christengemeente verloor het. Mag Jehovah se wysheid julle lei terwyl julle artikels publiseer wat ons help om geestelik sterk te bly.

J. H., Spanje