Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Dit het hierdie kind se lewe geraak

Dit het hierdie kind se lewe geraak

Dit het hierdie kind se lewe geraak

Savinien, ’n negejarige seun van ’n klein dorpie in Pennsilvanië, VSA, het jare gelede ’n brief geskryf en waardering uitgespreek vir My boek met Bybelverhale. Die jong seun het verduidelik dat hy die boek, wat vol prente is van mense en gebeure in die Bybel, pas klaar gelees het.

Hy het aan die boek se uitgewers geskryf: “Ek dink julle moet aanhou om hierdie boek te druk sodat jong kinders soos ek altyd aangemoedig sal word om meer van die Bybel te leer.

“Wat ek uit hierdie boek geleer het, is dat alles in die Bybel waar is en geskryf is om ons te leer, sodat ons hoop vir die toekoms kan hê.

“Ek sou nie hiervan geweet het as julle nie in ons as jongmense belanggestel en hierdie inligting makliker gemaak het sodat ons dit beter kan verstaan nie.”

Wat het jy gedoen om jou kind aan te moedig om te leer? Jy kan ’n eksemplaar aanvra van My boek met Bybelverhale, ’n boek met 256 bladsye en 116 verhale wat handel oor mense en gebeure in die Bybel. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Lewer asseblief die boek My boek met Bybelverhale by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.