Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

God se naam—Moet ons dit gebruik?

God se naam—Moet ons dit gebruik?

God se naam—Moet ons dit gebruik?

IN 1902 het The Presbyterian and Reformed Review berig oor die American Standard-vertaling van die Bybel wat in 1901 vrygestel is en ’n hersiening van die 17de-eeuse King James Version was. Die tydskrif het in sy artikel oor die gepastheid van die besluit om God se naam, Jehovah, konsekwent in die Engelse Bybel te gebruik, gesê:

“Ons kan nie verstaan dat daar enige meningsverskil kan wees oor die feit dat dit die regte stap is nie. Dit is die Here se persoonlike naam waarby Hy wil hê dat Sy volk hom moet ken: ons meen dat dit ’n baie groot verlies sal wees om dit met Sy beskrywende titel te vervang. Daar bestaan natuurlik onenigheid oor die regte vorm van die naam, en niemand veronderstel dat ‘Jehovah’ daardie regte vorm is nie. Maar vir die Engelse leser het dit die waarde van die regte vorm; en dit sal blote haarklowery wees om dit te vervang met Jahweh of enige van die ander vorme wat vandag in verskillende grade van onjuistheid deur geleerde skrywers gebruik word. Ons meen dat dit baie nuttig is vir die Engelse leser van die Ou Testament om die naam ‘Jehovah’ vir die eerste keer in sy gunstelingvertaling te sien en te leer wat ‘Jehovah’ alles vir Sy volk beteken en gedoen het.”

Baie ander Engelse Bybelvertalings gebruik die naam “Jehovah” of ’n vorm van God se naam. Net so word God se persoonlike naam in baie ander Bybelvertalings behalwe Engels gevind, waarvan voorbeelde op hierdie bladsy gesien kan word. God het vir Moses aangaande sy naam, Jehovah, gesê: “Dit is my naam tot onbepaalde tyd, en dit is my gedagtenis van geslag tot geslag.” Daar bestaan dus geen twyfel nie dat dit gepas is om God se naam vandag te gebruik!—Eksodus 3:13-15.

[Prente op bladsy 31]

Psalm 83:18 soos dit in verskillende tale verskyn

Tsonga

Shona

Viëtnamees

Spaans

Hindi

Tagalog

Engels