Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan julle huwelik gered word?

Kan julle huwelik gered word?

Die huiseienaars erken dat hulle huis in ’n slegte toestand is, maar het besluit om dit te herstel.

WIL jy graag dieselfde met jou huwelik doen? Indien wel, waar kan jy begin? Probeer die volgende wenke toepas.

1 Neem ’n vaste besluit.

Jy en jou huweliksmaat moet ooreenkom dat julle saam sal werk om vrede in julle huwelik te herstel. Probeer om julle besluite neer te skryf. As jy en jou huweliksmaat julle verbintenis ernstig opneem, word dit ’n spanprojek om julle huwelik te red.—Prediker 4:9, 10.

2 Identifiseer die probleem.

Wat het dinge in julle huwelik laat skeefloop? Skryf in een sin neer wat jy dink met julle huwelik skort of wat jy graag sou wou verander (Efesiërs 4:22-24). Dit is te verstane dat jy en jou huweliksmaat dalk twee verskillende probleme sal identifiseer.

3 Stel ’n doelwit.

Hoe sou julle julle huwelik oor ses maande wou sien? Watter spesifieke verbeteringe sou julle wou hê? Skryf julle doelwit neer. Dit sal makliker wees om julle doelwit te bereik as julle presies weet wat julle in julle huwelik nodig het.—1 Korintiërs 9:26.

  4 Pas Bybelraad toe.

Nadat julle julle probleem geïdentifiseer het en besluit het watter verbeteringe julle wil maak, moet julle die Bybel raadpleeg. Die beginsels daarin is tydloos en dit wérk (Jesaja 48:17; 2 Timoteus 3:17). Die Bybel spoor jou en jou huweliksmaat byvoorbeeld aan om vergewensgesind te wees. Ja, die Bybel sê: “Dit is mooi . . . om die oortreding oor te sien.”—Spreuke 19:11; Efesiërs 4:32.

Al lyk dit in die begin asof julle pogings tevergeefs is, moenie moed opgee nie! Volgens die boek The Case for Marriage het ’n studie hierdie bemoedigende resultate gelewer: “Die waarheid is verrassend: 86 persent van ongelukkig getroude mense wat nie moed opgee nie, vind dat hulle huwelik vyf jaar later gelukkiger is.” Selfs egpare wat hulleself as baie ongelukkig beskryf het, het ’n ommeswaai ondervind.

Dalk kan dit ook met julle die geval wees. Die uitgewers van hierdie tydskrif, Jehovah se Getuies, het gevind dat die Bybel praktiese beginsels vir egpare voorsien. Byvoorbeeld, baie huwelike verbeter wanneer huweliksmaats goedhartig en vol tere medelye is en mekaar vryelik vergewe. Vrouens het geleer hoe belangrik dit is om ’n “stille en sagmoedige gees” te openbaar, en mans het die voordele daarvan ondervind om nie bitter kwaad vir hulle vrouens te wees nie.—1 Petrus 3:4; Kolossense 3:19.

Hierdie skriftuurlike beginsels is doeltreffend omdat die Bybel se Outeur, Jehovah God, die huweliksreëling ingestel het. Vra Jehovah se Getuies gerus vir meer inligting oor hoe die Bybel jou huwelik kan help. *

^ par. 14 Om gesinne te help, het Jehovah se Getuies ’n boek met 192 bladsye uitgegee met die titel Die geheim van gesinsgeluk. Skryf aan die uitgewers by die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif vir meer inligting.