Spring na inhoud

 Jongmense vra

Wat maak ’n geselligheid werklik pret?

Wat maak ’n geselligheid werklik pret?

Maak ’n ✔ langs die aktiwiteit waarna jy die meeste by ’n geselligheid uitsien.

  • om te eet

  • om te dans

  • om speletjies te speel

  • om nuwe vriende te maak

  • om ou vriende te sien

  • iets anders ․․․․․

DIE meeste jongmense geniet dit baie om saam te kuier, en daar is niks daarmee verkeerd nie. Die Bybel praat selfs gunstig oor gesellighede.

Het jy geweet?

  • Job se seuns het familiegesellighede gehou.—Job 1:4.

  • Jesus het ’n groot huweliksfees bygewoon.—Johannes 2:1-11.

  • Christene in die eerste eeu het gesellighede in hulle huise gehou.—Handelinge 2:46, 47.

Dit is beslis pret om saam met jou vriende te kuier. Maar ongelukkig is party gesellighede glad nie verkwikkend nie.

WARE VERHAAL “Ek is genooi na ’n partytjie wat enigiemand kon bywoon, en die seun by wie se huis dit was, se ouers was nie daar nie. Ek het besluit om nie te gaan nie, en ek is bly! Die volgende dag het ek gehoor dat daar baie alkohol was en dat party mense dronk geword het. Drie seuns het hulle selfs bewusteloos gedrink. Daar was ook ’n bakleiery, en die polisie moes die partytjie kom stopsit.”—Janelle.

DIE LES Moenie maar net hoop dat alles goed sal verloop nie! Hetsy jy ’n geselligheid reël of na een genooi is, maak seker dat jy weet wat die antwoorde is op die vrae op die volgende bladsye. Dit sal heel moontlik verseker dat jy wonderlike herinneringe het—en oor niks spyt is nie—wanneer die partytjie verby is.

 SUKSESVERHALE

“Toe my vriendin ’n partytjie gehou het, het haar ma te alle tye geweet waar almal is. Selfs toe ek kar toe is om ’n baadjie te gaan haal, het sy gevra waarheen ek gaan. Was sy oorversigtig? Dalk. Maar ek was nie kwaad nie, want ek het besef dat sy net nie wou hê dat iets verkeerd moet loop nie.”—Kim.

“Ek was al by lekker gesellighede, en ek dink die rede waarom dit so aangenaam was, is omdat mense van verskillende ouderdomme daar was. Boonop het die mense wat die geselligheid gehou het, aktiwiteite gereël wat pret was sodat niemand maar net aan homself oorgelaat is nie.”—Andrea.