Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

agterblad

agterblad

● ’n Vrou van New York, VSA, het die bespreking van vername godsdienste van die wêreld in die boek Die mensdom se soeke na God baie boeiend gevind. Sy het verduidelik: “Ek het dit begin lees en kon dit nie neersit nie! Dankie vir hierdie goed gebalanseerde, insiggewende leesstof.”

’n Ander leser het geskryf: “Ek het die boek van voor tot agter gelees. Ek het ook die meeste van die verwysings nageslaan, en daar is baie! Ek beveel die boek met vrymoedigheid by enigiemand aan. Dit bevat natuurlik ook iets oor die geloof van Jehovah se Getuies, maar dit maak slegs ’n klein deeltjie van hierdie uitstekende boek oor godsdiensgeskiedenis uit.”

Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek met 384 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit te pos na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.