Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kry ondersteuning

Kry ondersteuning

Kry die ondersteuning van vertroude familielede en vriende

“Ons het wonderlike vriende in ons plaaslike gemeente. Hulle is liefdevol en ondersteunend. Dit voel regtig of hulle familie is.”—LIZAAN, ’N MA VAN TWEE TIENERS.

Die uitdaging.

“My grootste uitdagings”, sê Alina, wat twee jong seuns het, “is moegheid en dat ek nooit genoeg tyd het nie.” Alina se situasie is algemeen onder enkelma’s. Daarom bou baie enkelouers ’n ondersteuningsnetwerk op—’n groep mense wie se hulp hulle kan vra sonder om verleë te voel.

Wenke.

Kry die ondersteuning van vertroude familielede en vriende. Maak gerus ’n lys van die mense wat jy kan vra om jou te help om byvoorbeeld die kinders op te pas, vervoer te voorsien, die huis in stand te hou of wat jou emosionele ondersteuning kan gee. En werk die lys gereeld by. Kyk ook watter hulp voorsien word deur regerings- en nieregeringsinstansies.

Renata, een van Jehovah se Getuies, het baie hulp van mede-Christene ontvang. “Hulle is altyd daar om my te help”, sê sy. “Toe ek en my twee negejarige dogtertjies griep gekry het, kon ek nie kos kook nie. Toe die gemeente hiervan te hore kom, het iemand elke dag vir ons kos gebring.” Sulke goeie dade laat ’n mens dink aan wat die Bybel in 1 Johannes 3:18 sê: “Kindertjies, laat ons liefhê, nie met woorde of met die tong nie, maar met dade en in waarheid.”

Kan die nietoesighoudende ouer help? As die ander ouer, gewoonlik die vader, besoekreg het, verantwoordelik is en bereid is om te help, kan jy hom gerus vra om deel van die las te dra. Kinders moet immers tyd met hulle pa deurbring. *

Leer jou kinders om te help. As jy jou kinders take gee wat gepas is vir hulle ouderdom, help jy jouself én hulle. Werk leer jou kinders om verantwoordelik te wees, en ’n goeie werketiek sal hulle later in die lewe grootliks tot voordeel strek.

^ par. 6 Christenouers moet Bybelbeginsels so goed moontlik onder die omstandighede toepas en die kinders se belange op die hart dra. Hofbeslissings moet gerespekteer word.