Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy kan suksesvol wees!

Jy kan suksesvol wees!

“Dit maak my so gelukkig wanneer my twee dogtertjies my onverwags ’n drukkie gee en sê: ‘Ons is lief vir Mamma.’”—ANNA, ’N ENKELMA IN POLE.

“My kinders toon dikwels waardering vir wat ek vir hulle doen. Soms gee hulle my geskenkies, soos ’n prentjie wat hulle geteken het. Dis meer as genoeg vergoeding vir enige moeite wat ek doen.”—MASSIMO, ’N ENKELPA IN ITALIË.

“Wanneer ek soms terneergedruk voel, sal een van my seuns sy arms om my sit, my ’n soentjie gee en sê hoe lief hy vir my is.”—YASMIN, ’N ENKELMA IN SUID-AFRIKA.

DIT is net ’n paar van die kommentare van tientalle enkelouers wat deelgeneem het aan ’n internasionale opname wat deur Ontwaak! gedoen is. Baie van die enkelouers, meestal moeders, het gesê dat hulle smag na die ondersteuning wat net ’n liefdevolle huweliksmaat kan voorsien. * Hulle eerlike kommentare toon egter ook dat hulle hulle goed by hulle situasie aangepas het.

Wat het hierdie enkelouers gehelp om hulle nie net by hulle omstandighede aan te pas nie, maar ook om hulle moeilike rol suksesvol te vervul? In die volgende artikels sal ons kyk na baie van hulle praktiese en eerlike kommentare, asook ’n paar van die sleutelbeginsels wat hulle gehelp het. As jy ’n enkelouer is, hoop ons dat hierdie artikels jou sal help om jou veeleisende rol nie net suksesvol te vervul nie, maar om ook vreugde en tevredenheid daaruit te put. Dit kan beslis ’n groot uitdaging wees in vandag se vinnig veranderende en onsekere wêreld. *

Die artikels sal die aandag vestig op ses gebiede waarop enkelouers kan let.

  1. Kry meer ondersteuning

  2. Kommunikeer doeltreffender met jou kinders

  3. Stel die regte prioriteite

  4. Stel duidelike gedragsreëls vas

  5. Kies heilsame waardes

  6. Gee God ’n plek in jou gesin

^ par. 5 Die oorgrote meerderheid van enkelouers regoor die wêreld is vroue—’n feit wat in hierdie reeks artikels weerspieël word.

^ par. 6 Baie van die beginsels in hierdie reeks artikels kan ook nuttig wees vir gesinne met albei ouers.