Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Sleutel om die Bybel te verstaan

’n Sleutel om die Bybel te verstaan

“Hoe weet jy dat jy die Bybel reg vertolk? Dit kan immers op verskillende maniere vertolk word!”

Het jy al gehoor dat mense dit sê? Maar het jy geweet dat die Bybel in werklikheid homself verklaar as jy ’n sekere metode gebruik om dit te ondersoek? Die geheim is: As die verse voor of ná ’n stelling nie die betekenis daarvan duidelik maak nie, moet daardie stelling vergelyk word met ander gedeeltes in die Bybel wat oor dieselfde onderwerp handel. Sodoende laat ons toe dat ons denke gerig word deur die Bybel, nie ons eie mening nie.

Neem byvoorbeeld die Bybellering oor die toestand van die dooies. Hieronder is ses teksgedeeltes uit verskillende dele van die Bybel. Let op hoe dit ’n harmoniese beeld vorm.

  • “Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie.”Psalm 115:17. *

  • “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.”Psalm 146:3, 4.

  • “Die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie.”—Prediker 9:5.

  • “Die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie . . . Die lewende, die lewende, dié sal U loof, soos ek vandag.”Jesaja 38:18, 19.

  • “Die siel wat sondig, dié moet sterwe.” Esegiël 18:4.

  • Jesus Christus het kort ná sy vriend Lasarus se dood gesê: “Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. . . . Toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.”Johannes 11:11-14.

Sien jy die harmonie in hierdie verse? Ja, in teenstelling met algemene opvattings leer die Bybel dat die dooies werklik dood is. Hulle lewe nie in die hemel of êrens anders voort nie, maar is as ’t ware in ’n diep slaap, nie bewus van enigiets nie. Gevolglik kan hulle God nie loof nie, en hulle kan nie eens dink nie. *

Die hoofgedagte: Wanneer ons die Bybel een onderwerp op ’n slag ondersoek, raak die grondleringe daarvan duidelik. Hierdie benadering, wat Jehovah se Getuies gebruik, verg natuurlik inspanning (Spreuke 2:1-5). Maar dit is die geval met die meeste dinge wat werklik die moeite werd is.

^ par. 5 Die tekste is uit die Ou Afrikaanse Bybelvertaling geneem.

^ par. 11 Die Bybel leer dat die dooies wat in God se geheue is, op God se vasgestelde tyd in die toekoms ‘wakker gemaak’ sal word, of ’n opstanding sal kry.—Sien Job 14:14, 15; Johannes 5:28, 29; Handelinge 24:15.