Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 ONS BESKOU DIE WÊRELD

Ons beskou die wêreld

Israel

Kinders “wat gebore is met ’n gebrek wat gedurende voorgeboortelike skandering opgespoor kon word”, kan nie meer die mediese owerhede dagvaar vir “onregmatige lewe” nie, sê Haaretz.com. Ouers kan egter ’n eis instel weens “onregmatige geboorte” om vergoeding te probeer kry vir “die ekstra uitgawes om ’n gestremde kind groot te maak en die res van [sy] lewe in [sy] behoeftes te voorsien”.

Australië

In Australië bly 8 uit 10 paartjies saam voordat hulle trou.

Griekeland

Statistiek wat deur Griekeland se Departement van Gesondheid beskikbaar gestel is, het getoon dat selfmoordgevalle in Griekeland gedurende die eerste vyf maande van 2011 met 40 persent toegeneem het in vergelyking met dieselfde tydperk in 2010. Die toename val saam met die aanvang van die mees onlangse finansiële krisis.

Verenigde State

Volgens die Raad vir die Verdediging van Natuurlike Hulpbronne word byna 40 persent van die voedsel in hierdie land vermors. Daar word byvoorbeeld geskat dat 7 persent van die voedselgewasse nooit geoes word nie, dat 17 persent van die maaltye wat in restaurante en kafeterias bedien word, nie geëet word nie en dat gesinne sowat 25 persent van die voedsel wat hulle koop, weggooi.

Madagaskar

Die kleinste verkleurmannetjie in die wêreld is onlangs in Madagaskar ontdek. Hierdie klein bruin verkleurmannetjies word tot 29 millimeter lank, en party kan op ’n vingernael sit. Omdat die diertjie se habitat bedreig word, loop hy gevaar om uit te sterf.