Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Indonesië

’n Besoek aan Indonesië

INDONESIË bestaan uit sowat 17 000 eilande. Die mense is bekend daarvoor dat hulle besonder vriendelik, geduldig, beleefd en gasvry is.

Maaltye in Indonesië sluit gewoonlik rys in tesame met ander disse—wat dikwels baie speserye bevat—en vrugte. In party gebiede sit gesinne op ’n geweefde mat wanneer hulle eet en druk hulle hulle kos met hulle vingers in die rys. Baie Indonesiërs sê dat kos lekkerder smaak as dit so geëet word.

Die doerian is ’n vrug met ’n sappige, romerige binnekant. Baie mense hou daarvan, hoewel dit ’n skerp reuk het

Indonesiërs is lief vir kuns, dans en musiek. Die ankloeng is ’n tipies Indonesiese musiekinstrument; dit bestaan uit bamboesbuise wat losweg in ’n raamwerk sit. Die buise word so gemaak dat dit ’n spesifieke noot of akkoord voortbring wanneer dit geskud word. Om ’n deuntjie te speel, moet ’n aantal spelers saamwerk, en elkeen moet sy ankloeng op die regte oomblik skud.

Die orangoetang—wat algemeen voorkom in die reënwoude van Sumatra en Borneo—is die wêreld se grootste boomlewende dier. ’n Volgroeide mannetjie kan 90 kilogram weeg en ’n armspan van 2 meter hê

Tot die 15de eeu HJ het Hindoeïsme en daarna Boeddhisme ’n groot invloed in Indonesië gehad. Teen die 16de eeu het Islam sy stempel op die Indonesiese kultuur afgedruk. Europeërs het in die 16de eeu daar aangekom op soek na speserye en het die godsdienste van die Christendom met hulle saamgebring.

 Jehovah se Getuies, wat wêreldwyd bekend is vir hulle Bybelonderrigtingswerk, is al sedert 1931 in Indonesië bedrywig. Tans is daar meer as 22 000 van hulle in Indonesië, en hulle wend ’n poging aan om die dowes te bereik. Onlangs het meer as 500 ’n spesiale gebaretaalvergadering bygewoon wat deur Jehovah se Getuies gehou is om die dood van Jesus Christus te herdenk.

Die Ontwaak! word in 98 tale uitgegee, insluitende Indonesies (wat ook Bahasa-Indonesies genoem word)