Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Arktika

“In die somer is daar nou net ’n kwart van die ys wat daar 30 jaar gelede was”, sê Peter Wadhams, professor van seekunde aan die Universiteit van Cambridge, Brittanje. In 2012 het sowat 50 skepe die Noordsee-roete gebruik, wat nou weens aardverwarming oop is.

Wêreld

Daar is gevind dat ’n moeder se melk in die dae net nadat sy geboorte geskenk het, meer as 700 soorte bakterieë bevat—meer as wat deskundiges verwag het. Navorsers probeer nog vasstel watter voordelige biologiese werking hierdie bakterieë in die pasgebore baba se spysvertering- en immuunstelsel het.

Brittanje

In ’n studie wat Britse wetenskaplikes met behulp van ’n motornabootser gedoen het, is daar bevind dat bestuurders wat verkoue het, stadiger reageer as bestuurders wat alkohol gedrink het.

Demokratiese Republiek van die Kongo

In Afrika word tienduisende olifante elke jaar vir hulle ivoor doodgemaak, en dit word deur party mense as ’n “ongekende” slagting beskryf. By een geleentheid is etlike olifante van bo af in die kop geskiet, blykbaar vanuit ’n helikopter.

Australië

Die Groot Barrière-rif het gedurende die afgelope 27 jaar die helfte van sy lewende koraal verloor. Wetenskaplikes skryf die meeste van die skade toe aan tropiese siklone, ’n groot toename in doringkroonseesterre [Acanthaster planci] en koraalverbleiking weens hoër seetemperature.