Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Italië

’n Besoek aan Italië

ITALIË is ’n land van kontraste—van uitgestrekte strande tot ruwe bergreekse; van versengende somers in die suide tot ysige winters in die noorde. Die land het baie vulkane, maar net ’n paar—soos Stromboli en die berg Etna—is aktief.

Italië is een van die digs bevolkte lande in Europa. Mense van verskillende volke, insluitende Arabiere, Bisantyne, Fenisiërs, Grieke en Normandiërs, het hulle al hier gevestig.

Toeriste vaar in gondels op kanale in Venesië

Die land is ryk aan geskiedenis- en kunsskatte. In baie van Italië se dorpe en stede is daar eertydse Griekse en Romeinse ruïnes of geboue in die barok- en Renaissancestyl. Skilderye, marmerstandbeelde en fonteine getuig van die begaafdheid van kunstenaars soos Bernini, Michelangelo en Rafael.

Kos speel ’n belangrike rol in die daaglikse lewe, en baie gebruike draai om die plaaslike kookkuns. Pasta word dikwels as ’n eerste gereg bedien, en daarna vleis of vis met groente. Olyfolie word oorvloedig gebruik, aangesien dit hier op groot skaal vervaardig word. Pizza en risotto is welbekende Italiaanse geregte.

Pasta is ’n stapelvoedsel in Italië

 Italianers is bekend daarvoor dat hulle hartlike, gasvrye en gesellige mense is. Gesprekvoering word as ’n kunsvorm beskou, en daarom is dit iets algemeens om te sien dat mense op openbare pleine staan en gesels of lewendige gesprekke voer terwyl hulle saam stap.

Die grootste deel van Italië se bevolking is verklaarde Rooms-Katolieke, maar min gaan gereeld kerk toe. Die invloed van die kerk het glo in onlangse dekades verswak, aangesien die publiek die lank gehuldigde beleide oor aborsie en egskeiding ignoreer.

Jehovah se Getuies floreer in Italië. Hulle is bekend daarvoor dat hulle mense die Bybel leer as deel van hulle openbare bediening en dat hulle volgens Bybelstandaarde lewe. Daar is meer as 3 000 gemeentes van Jehovah se Getuies in die land, en baie van hierdie gemeentes probeer mense bereik wie se moedertaal nie Italiaans is nie. Dit is duidelik dat daar ’n behoefte is aan Bybelonderrig in ander tale, aangesien die aantal buitelanders in Italië gedurende ’n onlangse tydperk van tien jaar verdriedubbel het.

HET JY GEWEET?

Hoewel die Vatikaanstad in Rome is, is dit al sedert 1929 ’n onafhanklike staat, en daarom beskou Italiaanse burgers dit as ’n ander land.

Die ruwe Dolomiete, ’n bergreeks in die noordooste van Italië