Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons beskou die wêreld

Ons beskou die wêreld

Afrika suid van die Sahara

“Slegs 38 persent van kinders onder die ouderdom van 5 jaar het ’n geboortesertifikaat”, sê ’n UNICEF-verslag oor Afrika suid van die Sahara. Maar in party gebiede in hierdie wêrelddeel “is geboorteregistrasie ’n vereiste sodat kinders toegang kan verkry tot gesondheidsorg en onderwys en sodat weeskinders van hulle ouers kan erf”, het Elke Wisch, die UNICEF-adjunkstreekdirekteur vir die ooste en suide van Afrika, gesê.

Italië

Volgens ’n opname is kuber- afknouery die algemeenste vrees onder Italiaanse tieners. Twee-en-sewentig persent van dié wat tussen 12 en 17 jaar oud is, sê dat hulle ’n groot vrees daarvoor het. Dit is ’n hoër persentasie as dié wat ’n vrees het vir dwelms (55 persent), molestering deur ’n volwassene (44 persent) of ’n seksueel oordraagbare siekte (24 persent).

Japan

Volgens ’n berig in The Japan Times wys al hoe meer jong Japannese volwassenes bevordering by die werk van die hand. Veertig persent betreur die feit dat onetiese gedrag en oneerlike gebruike so algemeen is. Baie werknemers voel dat hulle nie hulle mening kan lug of openhartig kan praat met diegene wat oor hulle aangestel is nie. Hoewel ouer geslagte geneig was om by dieselfde werkgewer te bly, verander 60 persent van jong werknemers deesdae van werk sodra iets beters opduik.

Brasilië

Van 1980 tot 2010 is byna 800 000 mense in Brasilië met vuurwapens doodgeskiet. Meer as 450 000 slagoffers was tussen 15 en 29 jaar oud. ’n Studie van onlangser misdade toon dat mense dikwels doodgeskiet word weens gesinsrusies, stryery met die bure, jaloesie of woordewisselings tussen motorbestuurders.