Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WAAROM VOORTGAAN?

Omdat daar hoop is

Omdat daar hoop is

“Die sagmoediges sal die aarde besit, en hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede.”PSALM 37:11.

Die Bybel sê dat die lewe vol “ontsteltenis” is (Job 14:1). Vandag word almal deur tragedies van die een of ander aard geraak. Maar party mense meen dat daar geen hoop is nie—dit is vir hulle asof daar geen lig op die horison, geen vooruitsig op ’n beter toekoms, is nie. Is dit hoe jy voel? Indien wel, kan jy seker wees dat die Bybel ware hoop bied—nie net vir jou nie, maar vir die hele mensdom. Byvoorbeeld:

  • Die Bybel leer dat Jehovah God iets baie beters vir ons in gedagte gehad het.Genesis 1:28.

  • Jehovah God belowe om ons aarde ’n paradys te maak.Jesaja 65:21-25.

  • Hierdie belofte sal beslis vervul word. Openbaring 21:3, 4 sê:

    “Die tent van God is by die mensdom, en hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volke wees. En God self sal by hulle wees. En hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.”

Hierdie hoop is nie bloot wensdenkery nie. Jehovah God is beslis van voorneme om dit te verwesenlik, en hy het die krag sowel as die begeerte om dit te doen. Die hoop wat die Bybel bied, is betroubaar, en dit voorsien ’n duidelike antwoord op die vraag: “Waarom voortgaan met die lewe?”

ONTHOU DIE VOLGENDE: Hoewel jou emosies jou soos ’n boot op ’n onstuimige see kan laat voel, kan die Bybel se boodskap van hoop vir jou soos ’n anker wees.

WAT JY VANDAG KAN DOEN: Stel ondersoek in na wat die Bybel leer oor ’n ware hoop vir die toekoms. Jehovah se Getuies sal jou met graagte help. Jy kan met die Getuies in jou omgewing in aanraking kom of nuttige inligting vind op hulle webwerf, jw.org/af. *

^ par. 11 Wenk: Besoek jw.org/af en kyk onder PUBLIKASIES > AANLYN BIBLIOTEEK. Daar kan jy sleutelwoorde soos “depressie” of “selfmoord” intik om meer hulp te kry.