Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | TRAGIESE GEBEURTENISSE—HOE JY DIT KAN VERWERK

Tragiese gebeurtenisse

Tragiese gebeurtenisse

DIE een of ander tyd word byna almal deur ’n tragiese gebeurtenis getref. Dit sluit mense in wat blykbaar alles het.

DIE BYBEL SÊ:

“Ek het . . . gesien dat die vinniges nie die wedloop het nie en die sterkes ook nie die geveg nie, en dat die wyses ook nie die voedsel het nie en dié met begrip ook nie die rykdom nie, en dat selfs dié wat kennis het, nie die guns het nie; want tyd en onvoorsiene gebeurtenisse tref hulle almal.” —Prediker 9:11.

Die vraag is dus nie of jy met teëspoed te kampe sal hê nie, maar hoe jy sal reageer wanneer jy daarvoor te staan kom. Byvoorbeeld:

  • Sê nou jy het alles wat jy besit, in ’n natuurramp verloor?

  • Sê nou jy is met ’n lewensgevaarlike siekte gediagnoseer?

  • Sê nou jy het ’n geliefde aan die dood afgestaan?

Jehovah se Getuies, die uitgewers van hierdie tydskrif, glo dat die Bybel jou kan help om ’n tragedie te verwerk, sowel as om ’n vaste grondslag vir hoop te hê (Romeine 15:4). Kyk na drie ondervindinge wat toon hoe dit moontlik is.