Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WAT IS WARE SUKSES?

Waaraan meet jy sukses?

Waaraan meet jy sukses?

Om jouself te toets, kan jy aan die volgende denkbeeldige situasies dink.

Wie sou jy sê is waarlik suksesvol?

  • ALEX

    Alex het sy eie besigheid. Hy is eerlik, hardwerkend en beleefd. Alex se besigheid doen baie goed, en gevolglik kan hy en sy gesin betreklik gemaklik lewe.

  • CAL

    Cal het ’n soortgelyke besigheid, en hy maak baie meer geld as Alex. Maar omdat Cal beter as sy mededingers wou vaar, het hy ’n werkslaaf geword en het hy baie gesondheidsprobleme.

  • JANET

    Janet is ’n hoërskoolleerder wat pligsgetrou studeer en lief is vir leer. Gevolglik kry sy goeie punte.

  • ELLEN

    Ellen kry selfs hoër punte as Janet en het akademiese erekleure gekry—maar sy kul in toetse en stel nie eintlik belang in haar opvoeding nie.

As jy gesê het dat Cal en Ellen—of al vier—suksesvol is, meet jy sukses dalk net aan resultate, ongeag hoe die resultate behaal word.

Maar as jy slegs Alex en Janet gekies het, meet jy sukses waarskynlik aan ’n persoon se eienskappe en werketiek. Dit maak sin. Dink byvoorbeeld hieraan:

  • Wat sal Janet op die lange duur tot voordeel strek—om die hoogste punte te kry of om lief te bly vir leer?

  • Wat is beter vir Alex se kinders—om alles te hê wat geld kan koop of om ’n pa te hê wat toon dat hy graag tyd saam met hulle wil deurbring?

Die kern van die saak: Valse sukses is gegrond op wat gesien kan word; ware sukses is gegrond op goeie waardes.