Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

“’n Treffende simbool”

“’n Treffende simbool”

OP DIE oostelike oewer van die Motojasoerivier in die stad Hirosjima, Japan, is daar ’n gebou wat sedert 1945 gedeeltelik in puin lê. Waarom is dit in byna 70 jaar nog nie herbou nie?

Die oorspronklike steen-en-messelkleigebou met drie verdiepings, wat in 1915 voltooi is, was ’n uitstallingsaal om nywerheid te bevorder. Maar dít het op 6 Augustus 1945 om 08:15 verander. Op daardie oomblik het die eerste atoombom wat nog ooit in oorlog gebruik is, omtrent 550 meter bo die stad en amper direk bo die uitstallingsaal ontplof. Almal binne die gebou is op slag dood. Die geraamte van die gebou het egter behoue gebly.

Dit is in daardie toestand bewaar en is “’n treffende simbool van die vernietigendste krag wat nog ooit deur die mensdom geskep is”, sê ’n artikel wat geskryf is deur UNESCO *. In 1996 is die gebou by UNESCO se Wêrelderfenislys gevoeg as Hirosjima se Vredesmonument.

Maar ongelukkig het sulke aangrypende gedenktekens nie ’n einde gemaak aan oorlog nie, wat dikwels deur gierigheid, nasionalisme asook rasse-, godsdiens- en stamhaat veroorsaak word. Beteken dit dat daar altyd oorloë sal wees?

Die Bybel se antwoord is nee! “[God] laat oorloë ophou tot aan die einde van die aarde”, sê Psalm 46:9. “Die boog verbreek hy en die spies kap hy stukkend; die waens verbrand hy met vuur.” Terselfdertyd sal God menseheerskappy vervang met sy eie wêreldregering—God se Koninkryk in die hande van Jesus Christus, wat die “Koning van die konings” is.—Openbaring 11:15; 19:16.

Daarna sal ons nie gedenktekens nodig hê om ons te herinner aan hoe dwaas oorlog is nie. “Die vorige dinge”—vandag se probleme en hartseer—“sal nie onthou word nie, en ook sal dit nie in die hart opkom nie”, sê Jesaja 65:17.

^ par. 4 Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie.