Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | HOE HET LEWE BEGIN?

’n Antwoord wat oorweeg moet word

’n Antwoord wat oorweeg moet word

NADAT baie mense na die bewyse gekyk het, het hulle tot die slotsom gekom dat lewe die produk is van ’n hoër Intellek. Neem byvoorbeeld Antony Flew, ’n professor in Filosofie wat vroeër ’n vername voorstander van ateïsme was. Toe Flew oor die verstommende kompleksiteit van lewe en die fisiese wette van die heelal geleer het, het hy sy mening verander. Hy volg die benadering van eertydse filosowe wat geredeneer het dat ons die gevolgtrekking moet aanvaar waarna die bewyse ons lei, al is dit nie die gevolgtrekking wat ons verwag het nie. Die bewyse het professor Flew tot die slotsom laat kom dat daar wel ’n Skepper is.

Gerard, wat vroeër in hierdie reeks artikels gemeld is, het tot ’n soortgelyke slotsom gekom. Ten spyte van sy hoë kwalifikasies en sy loopbaan in Insektekunde het hy gesê: “Ek het geen bewyse gesien dat lewe vanself uit nielewende materie ontstaan het nie. Die ordelikheid en kompleksiteit van lewende dinge het my oortuig dat daar ’n Organiseerder en Ontwerper moet wees.”

Net soos ’n persoon meer omtrent ’n kunstenaar kan leer deur sy kunswerke te bestudeer, het Gerard meer omtrent die Skepper se eienskappe geleer deur die natuur te bestudeer. Gerard het ook tyd geneem om ’n boek te ondersoek wat aan die Skepper toegeskryf word—die Bybel (2 Timoteus 3:16). Daarin het hy bevredigende antwoorde gevind op vrae oor die mensdom se verlede asook praktiese oplossings vir die probleme waarmee mense vandag te kampe het. Dit het hom oortuig dat die Bybel ook ’n produk van ’n hoër Intellek is.

Soos Gerard gesien het, is dit die moeite werd om die Bybel se antwoorde te oorweeg. Ons spoor jou aan om dit self te ondersoek.