Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Het jy al gewonder?

Het jy al gewonder?
  • As God lief is vir ons, hoekom laat hy toe dat slegte dinge gebeur en dat ons swaarkry?

  • Hoe kan ons seker wees dat ons in die laaste dae van hierdie wêreld lewe?

  • Hoe weet ons dat die Bybel se beloftes oor God se Koninkryk waar sal word?

  • Kan die Bybel ons nou help om goeie besluite in ons lewe te maak?

Omdat ons Skepper lief is vir ons, het hy vir ons antwoorde op hierdie en baie ander vrae gegee. Jy kan hierdie antwoorde kry op ons webwerf, www.pr418.com/af. Dit is ontwerp om mense te help om oor die Bybel te leer.

Op hierdie webwerf sal jy aktiwiteite, artikels, oudio- en video-opnames, onderhoude en ’n groot verskeidenheid publikasies, insluitende die Bybel, kry. Alles op die webwerf is gratis en sonder enige verpligting.