Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Oplossing wat werk, moenie net iets aan die simptome doen nie; dit moet die eintlike oorsaak van die probleem regstel

DIE UITDAGING

Wat is die oorsaak van ons probleme?

Wat is die oorsaak van ons probleme?

Glo jy dat die mens die probleme kan oplos wat die lewe onveilig maak en ons toekoms in gevaar stel? As ons ’n oplossing wil hê wat werk, moet ons na die oorsaak van ons probleme kyk, nie net na die simptome nie.

Byvoorbeeld, ’n man met die naam Tom het siek geword en het later gesterf. Hoekom het hy gesterf? “Toe Tom se eerste simptome begin het, het niemand probeer uitvind wat die eintlike oorsaak van sy siekte is nie”, skryf die dokter by die hospitaal waar Tom was kort voor hy dood is. Dit lyk asof Tom se vorige dokters hom net medisyne gegee het sodat hy beter kon voel.

Probeer mense om die wêreld se probleme op ’n soortgelyke manier op te los? Wanneer regerings byvoorbeeld misdaad wil beveg, maak hulle meer wette, installeer hulle sekuriteitskameras en stel hulle meer polisiemanne aan. Hierdie dinge werk dalk tot ’n mate, maar dit los nie die eintlike oorsaak van die probleem op nie. Die probleem is dat die manier hoe mense optree, gewoonlik die gevolg is van hulle denke, gevoelens en begeertes.

Daniel, wat in ’n Suid-Amerikaanse land woon waarvan die ekonomie agteruitgaan, sê: “Ons het voorheen ’n normale lewe gehad. Ons was nie bang vir gewapende roof nie. Maar nou is daar nie eers meer ’n dorpie wat veilig is nie. As gevolg van die moeilike situasie in die land kan ons sien hoe mense regtig is – hulle is gierig en het geen respek vir ander mense se lewe of besittings nie.”

’n Man wat ons Elias sal noem, het van ’n konflik in die Midde-Ooste gevlug en het later die Bybel studeer. Hy sê: “Baie van die jong mans in die stad waar ek gebly het, is deur hulle families en die politieke-godsdiensstelsel aangemoedig om by die oorlog betrokke te raak en om as helde gesien te word. Dieselfde is vir die mense aan die ander kant gesê! Dit alles het my laat besef hoe hartseer dit is om jou vertroue in menseleiers te stel.”

’n Ou boek van wysheid praat die waarheid wanneer dit sê:

  • “Die neiging van die mens se hart is sleg van sy jeug af.” – Genesis 8:21.

  • “Die hart is verraderliker as enigiets anders en is desperaat. Wie kan dit ken?” – Jeremia 17:9.

  • “Uit die hart kom daar . . . goddelose redenasies, moorde, . . . hoererye [seksuele onsedelikheid], diefstalle, valse getuienisse.” – Matteus 15:19.

Die mens het nog steeds nie ’n oplossing gekry vir die lelike eienskappe in ons wat maak dat ons ander seermaak nie. En dit lyk asof hierdie eienskappe net erger word, soos ons kan sien uit die probleme wat in die vorige artikel genoem is (2 Timoteus 3:1-5). Dit is die geval al is daar baie meer inligting vandag beskikbaar en baie meer maniere om te kommunikeer as ooit tevore! Hoekom is dit dan so moeilik om die wêreld veilig te maak? Vra ons dalk te veel van onsself? Probeer ons die onmoontlike doen?

PROBEER ONS DIE ONMOONTLIKE DOEN?

Selfs al kon ons deur middel van die een of ander wonderwerk mense se slegte eienskappe verander, sou ons nog steeds nie die wêreld vir almal veilig kan maak nie. Die rede? Mense is beperk in wat hulle kan doen.

Die eenvoudige waarheid is: “Dit behoort nie aan die mens . . . om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Ja, ons is nie gemaak om oor onsself te regeer nie. Om die waarheid te sê, ons is nie geskep om oor ons medemens te regeer nie, net soos ons nie geskep is om onderwater of in die buitenste ruimte te lewe nie!

Ons is nie geskep om oor ons medemens te regeer nie, net soos ons nie geskep is om onderwater te lewe nie

Dink hieraan: Hou mense oor die algemeen daarvan as ander mense vir hulle sê hoe of volgens watter standaarde hulle moet lewe? Hou mense daarvan as ander vir hulle voorskryf hoe hulle dinge soos aborsie of die doodstraf moet beskou of hoe hulle hulle kinders moet grootmaak? Dit is net ’n paar van die dinge wat mense verdeel. Al is dit moeilik om te aanvaar, wat die Bybel sê, maak sin. Ons het eenvoudig net nie die vermoë of die reg om oor ons medemens te regeer nie. Waar kan ons dan gaan vir hulp?

Die beste ding sal wees om na ons Skepper te kyk vir antwoorde. Hy is tog die Een wat ons gemaak het! En al dink party mense dat hy van ons vergeet het, is dit beslis nie waar nie. Sy liefde vir ons kan duidelik gesien word in die wysheid wat ons in die Bybel kry. Wanneer ons hierdie unieke boek verstaan, sal ons ook onsself beter kan verstaan. En dan sal ons ook verstaan hoekom die mens se geskiedenis so hartseer is. Ons kan sien hoekom ’n Duitse filosoof geskryf het: “Nasies en regerings het nog nooit enigiets uit die geskiedenis geleer of die beginsels toegepas wat daaruit gekry kan word nie.”

DIE WYSHEID IN DIE BYBEL BESKERM ONS!

’n Wyse man het eenkeer gesê: “Wysheid word deur al sy kinders [resultate] geregverdig” (Lukas 7:35). ’n Voorbeeld van hierdie wysheid word gevind in Psalm 146:3, wat sê: “Moenie julle vertroue in edeles stel nie, ook nie in die mensekind, aan wie geen redding behoort nie.” Hierdie goeie raad kan ons beskerm teen valse hoop en onrealistiese verwagtinge. Kenneth, wat in ’n gewelddadige stad in Noord-Amerika woon, sê: “Die een politikus ná die ander belowe om dinge beter te maak, maar hulle kan nie. En dit wys duidelik dat wat die Bybel sê, waar is.”

Daniel, wat vroeër aangehaal is, skryf: “Elke dag word ek meer oortuig dat mense nie goed kan regeer nie. . . . Net omdat jy geld in jou bankrekening of ’n goeie belegging het, beteken nie dat jy van jou aftrede seker kan wees nie. Ek het al gesien hoe mense verskriklik teleurgestel word in hierdie opsig.”

Die Bybel doen meer as om ons net te beskerm teen onrealistiese verwagtinge. Dit gee ons ook hoop, soos ons sal sien.