Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat het geword van respek vir ander?

Wat het geword van respek vir ander?

HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM RESPEK VIR ANDER TE TOON

Wanneer ons ander respekteer, kan ons keer dat ’n slegte situasie nog erger word.

  • ’n Bybelteks sê: “’n Sagte antwoord laat woede bedaar, maar harde woorde laat woede opvlam” (Spreuke 15:1). Disrespekvolle spraak en dade is soos om olie op die vuur te gooi, dikwels met rampspoedige gevolge.

  • Jesus het gesê: “Uit die oorvloed van die hart praat die mond” (Matteus 12:34). Wanneer ons disrespekvol is, kan dit wys hoe ons voel oor mense van ’n ander ras, stam, nasionaliteit of sosiale agtergrond.

    In ’n onlangse opname waaraan meer as 32 000 mense in 28 lande deelgeneem het, het 65 persent gesê dat hulle nog nooit tevore gesien het dat mense so min respek vir mekaar het nie.

WAT JY KAN DOEN

Of dit nou by die skool of die werk is, respekteer alle mense – selfs al het julle nie dieselfde beskouing van dinge nie. Identifiseer dinge waaroor julle wel kan saamstem. Dit sal jou help om nie krities te word of om ander te oordeel nie.

“Hou op om te oordeel, sodat julle nie geoordeel word nie.” – Matteus 7:1.

Behandel ander op die manier wat jy behandel wil word. As jy bedagsaam en regverdig teenoor ander is, sal hulle meer geneig wees om jou op dieselfde manier te behandel.

“Net soos julle wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” – Lukas 6:31.

Vergewe ander. Sien liefdelose woorde of dade oor omdat jy vertrou dat die persoon jou nie wou ontstel nie.

“Insig keer dat ’n mens gou kwaad word, en dit is mooi van hom om ’n oortreding oor te sien.” – Spreuke 19:11.

WAT ONS DOEN

Jehovah se Getuies bevorder respek vir ander in die gemeenskappe waar hulle woon en werk.

Ons bied gratis Bybelonderrigting aan vir alle mense, maar ons dwing nie ons oortuigings of opinies op ander af nie. Ons probeer eerder om die Bybel se raad toe te pas deur ons boodskap met ander te deel “met sagmoedigheid en diep respek”. – 1 Petrus 3:15; 2 Timoteus 2:24.

Ons verwerp diskriminasie en verwelkom mense by ons gemeentelike vergaderinge wat van alle agtergronde is en wil uitvind wat die Bybel leer. Ons werk hard om verdraagsaam te wees en om “alle mense [te] respekteer”. – 1 Petrus 2:​17, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

Ons respekteer die gesag van die regering wat oor ons regeer (Romeine 13:1). Ons is gehoorsaam aan die wet en betaal belasting. En hoewel ons polities neutraal bly, respekteer ons die regte van ander om hulle eie besluite oor politieke sake te maak.