Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat het geword van respek vir jouself?

Wat het geword van respek vir jouself?

HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM RESPEK VIR JOUSELF TE TOON

Mense wat selfrespek het, kan die lewe se uitdagings met vertroue hanteer. Hulle gee nie maklik op nie.

  • Navorsing wys dat mense wat nie ’n goeie selfbeeld het nie, meer geneig is om aan angstigheid, depressie en eetversteurings te ly. Hulle is ook meer geneig om alkohol en dwelms te misbruik.

  • Mense wat selfrespek het, vergelyk nie hulleself met ander nie. Dit maak dit vir hulle makliker om met ander mense oor die weg te kom en om sterk vriendskappe te vorm. Aan die ander kant is dié met min selfrespek meer geneig om krities te wees, wat verhoudings kan beskadig.

  • Mense met selfrespek bly sterk, selfs wanneer hulle voor uitdagings te staan kom. Hulle bereik hulle doelwitte al raak dinge moeilik. Maar dié met min selfrespek beskou klein mislukkings dikwels as groot struikelblokke. Dit kan veroorsaak dat hulle maklik tou opgooi.

WAT JY KAN DOEN

Kies vriende wat jou sal aanmoedig. Spandeer tyd met mense wat respekvol is, wat regtig in jou belangstel en wat jou sal aanmoedig.

“’n Ware vriend betoon altyd liefde en is ’n broer gedurende moeilike tye.” – Spreuke 17:17.

Help ander. Wanneer jy liefdevol is en dinge vir ander doen – insluitende dié wat niks vir jou kan doen nie – sal jy ware geluk vind omdat jy aan ander gee. Jy sal gelukkig wees selfs al sien ander nie wat jy doen nie.

“Dit maak ’n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.” – Handelinge 20:35.

Help jou kinders om selfrespek aan te leer. Een manier hoe jy dit kan doen, is om hulle toe te laat om hulle eie probleme op te los, tot die mate wat hulle kan. Dit help kinders om te leer hoe om moeilike tye te hanteer en hoe om daardeur te kom. Wanneer hulle leer om dit te doen, sal hulle meer selfrespek nou hê en wanneer hulle volwassenes is.

“Lei ’n kind op in die weg wat hy moet volg. Selfs as hy oud word, sal hy dit nie verlaat nie.” – Spreuke 22:6.

WAT ONS DOEN

Die vergaderinge en Bybelstudieprogram van Jehovah se Getuies help mense om hulle lewe te verbeter. As gevolg hiervan het hulle ook meer selfrespek gekry.

ONS WEEKLIKSE VERGADERINGE

By ons weeklikse vergaderinge geniet ons dit om na Bybelgebaseerde toesprake te luister wat dikwels voorstelle insluit oor hoe om selfrespek op te bou. Ons vergaderinge is gratis en oop vir die publiek. Byvoorbeeld, by ons vergaderinge sal jy leer . . .

  • hoekom jy vir God belangrik is

  • hoe om jou doel in die lewe te vind

  • hoe om sterk en blywende vriendskappe op te bou

Jy sal ook ware vriende ontmoet wat “oor mekaar besorg” is. – 1 Korintiërs 12:​25, 26.

Om meer oor ons vergaderinge uit te vind, soek vir die kort video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? op jw.org.

ONS BYBELSTUDIEPROGRAM

Ons bied ’n gratis Bybelstudieprogram met ’n onderrigter aan, en ons gebruik die boek Geniet die lewe vir ewig! Hierdie studieboek bevat belangrike verse, goeie redenasies, effektiewe vrae, motiverende video’s en pragtige prente. Ons Bybelstudieprogram help mense om selfrespek op te bou en om hulle lewe te verbeter.

Om te sien hoe dit jou kan bevoordeel om die Bybel saam met Jehovah se Getuies te studeer, soek vir die kort video Waarom moet jy die Bybel studeer? op jw.org.