Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat het geword van respek vir lewe?

Wat het geword van respek vir lewe?

HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM RESPEK VIR LEWE TE TOON

Wanneer jy dinge doen wat sleg is vir jou gesondheid of ander in gevaar stel, wys dit dat jy nie respek vir jou lewe of die lewe van ander het nie.

  • Om te rook veroorsaak kanker en maak dit ook vir die liggaam moeilik om daarteen te veg. Omtrent 90 persent van sterftes as gevolg van longkanker het gebeur omdat die persoon gerook het of iemand om hulle gerook het.

  • Massa skietvoorvalle veroorsaak elke jaar emosionele trauma vir baie. ’n Verslag deur Stanford-universiteit wys dat selfs dié wat aanvalle by die skool oorleef, nog steeds emosionele en verstandelike probleme jare daarna het.

  • Mense wat onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur, maak paaie en selfs sypaadjies onveilig. Wanneer mense wys dat lewe nie vir hulle belangrik is nie, kan onskuldige mense seerkry.

WAT JY KAN DOEN

Beskerm jou gesondheid. Dit is nooit te laat om met skadelike gebruike op te hou soos om te rook, te vape, te veel te drink of ontspanningsdwelms te gebruik nie. Sulke gebruike is sleg vir jou en toon disrespek vir die lewe van dié om jou, insluitende gesinslede.

“Laat ons ons reinig van alles wat [die] liggaam . . . besoedel.” – 2 Korintiërs 7:1.

Wees veiligheidsbewus. Hou jou huis in ’n goeie toestand om ongelukke te vermy. Ry veilig, en hou jou voertuig in ’n goeie toestand. Moenie toelaat dat ander jou dwing om dinge te doen wat tot ernstige beserings of die dood kan lei nie.

“As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ook ’n muurtjie om jou dak bou, sodat jy nie bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie.” – Deuteronomium 22:8. a

Wees goed vir ander. Respek vir lewe sluit in hoe ons mense van alle rasse, nasionaliteite en sosiale agtergronde beskou. Eintlik is diskriminasie en haat die hoofoorsake van die meeste van die wêreld se geweld en oorlog.

“Moenie enige soort wrok koester nie, en laat vaar alle woede, geskree en beledigende taal, saam met alles wat sleg is. Maar wees goed vir mekaar.” – Efesiërs 4:​31, 32.

WAT ONS DOEN

Jehovah se Getuies bevorder ’n gebalanseerde, gesonde lewenswyse. Ons Bybelonderrigtingsprogram het mense gehelp om verslawings en skadelike gewoontes te oorkom.

Ons volg streng veiligheidstandaarde by ons bouprojekte. Vrywilligers help om ons vergaderingplekke en ander fasiliteite te bou wat gebruik word om ons Bybelonderrigtingswerk te bevorder. Hulle word opgelei om ongelukke te vermy. Ons geboue word gereeld geïnspekteer sodat dit aan plaaslike veiligheidswette voldoen.

Ons doen noodlenigingswerk. Gedurende ’n onlangse tydperk van 12 maande het ons gereageer op sowat 200 lewensgevaarlike rampe wêreldwyd en byna R224 miljoen se donasies spandeer om noodleniging aan slagoffers te voorsien.

Toe Ebola uitgebreek het en die bevolking van Wes-Afrika (2014) en die Demokratiese Republiek van die Kongo (2018) verwoes het, het ons vir mense gewys hoe om te keer dat die dodelike siekte versprei. Ons het verteenwoordigers gestuur om met groepe mense oor die onderwerp “Gehoorsaamheid red lewens” te praat. Ons het by elkeen van ons plekke van aanbidding ’n gedeelte gehad waar mense hulle hande kon was. En ons het beklemtoon hoe belangrik dit is dat hulle hulle hande moet was en het verduidelik watter ander dinge hulle kan doen om te keer dat die siekte versprei.

In Sierra Leone het ’n radiostasie Jehovah se Getuies geprys omdat hulle Getuies en nie-Getuies in die gemeenskap gehelp het om die Ebola-virus te vermy.

’n Plek waar mense hulle hande kon was buite die Koninkryksaal toe Ebola in 2014 in Liberië uitgebreek het

a In die eertydse Midde-Ooste het hierdie wyse vereiste gewys dat die veiligheid van gesinslede en ander belangrik is.