Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding

Inleiding

12 Geheime vir ’n suksesvolle gesin

Ons hoor net altyd wat verkeerd geloop het wanneer ’n familie uitmekaarval. Maar wat loop reg in families wat suksesvol is?

  • In Amerika het daar baie meer mense in 2015 geskei as in 1990: twee keer soveel mense wat ouer as 50 is, en drie keer soveel mense wat ouer as 65 is.

  • Ouers weet nie meer watter kant toe nie: Party kenners stel voor dat kinders die hele tyd net geprys moet word. Ander sê nou weer dat jy jou stem moet dik maak en streng reëls moet hê.

  • Jongmense word nie die dinge geleer wat hulle nodig gaan hê wanneer hulle grootword nie.

Maar die waarheid is . . .

  • Paartjies kan lank en gelukkig getroud bly.

  • Ouers kan leer om hulle kinders met liefde te dissiplineer.

  • Jongmense kan dinge leer wat hulle gaan help wanneer hulle grootword.

Hoe? Hierdie Ontwaak! bespreek 12 geheime wat jou familie kan help om suksesvol te wees.