Inleiding
Ses lesse wat kinders moet leer
Watter soort volwassene wil jy hê moet jou kind wees? Dit is belangrik dat kinders leer om
selfbeheersing te hê
nederig te wees
uithouvermoë te ontwikkel
verantwoordelik te wees
volwasse te wees
eerlik te wees
Kinders sal hierdie eienskappe nie vanself leer nie. Hulle het jou leiding nodig.
Hierdie tydskrif sal ses belangrike lesse bespreek wat jy jou kinders kan leer – lesse wat hulle sal voorberei om volwassenes te wees.