Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Ewige oplossing

’n Ewige oplossing

Miljoene mense het die waarhede in die vorige artikels toegepas en het baie gedoen om diskriminasie uit hulle hart te verwyder. Maar om realisties te wees, ons kan nie heeltemal op ons eie van diskriminasie ontslae raak nie. So is die situasie hopeloos?

’n Volmaakte regering

Menseregerings kon nog nooit diskriminasie verwyder nie. Maar beteken dit dat geen regering diskriminasie kan verwyder nie?

As ’n regering van diskriminasie wil ontslae raak, moet dit

  1. 1. Mense motiveer om die manier hoe hulle dink en teenoor ander voel, te wil verander.

  2. 2. Die wonde gesond maak wat dit moeilik maak om ander regverdig te behandel.

  3. 3. Goeie leiers hê wat self nie diskrimineer nie.

  4. 4. Mense van alle nasies verenig.

Die Bybel verseker ons dat God so ’n regering geskep het. Dit word “die Koninkryk van God” genoem. – Lukas 4:43.

Kyk na wat hierdie regering sal voorsien.

1. Die beste onderrigting

“Die bewoners van die land [sal leer] wat regverdigheid is.” – JESAJA 26:9.

“Die resultaat van ware regverdigheid sal vrede wees, en die gevolg van ware regverdigheid sal blywende kalmte en veiligheid wees.” – JESAJA 32:17.

Wat beteken dit? God se Koninkryk sal mense leer wat reg is. Wanneer mense leer wat die verskil tussen reg en verkeerd is – tussen regverdigheid en onregverdigheid – sal dit die manier hoe hulle oor mekaar dink, verander. Almal sal besef dat dit die regte ding is om alle soorte mense lief te hê.

2. ’n Einde aan onregverdigheid

“God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.” – OPENBARING 21:4.

Wat beteken dit? God se Koninkryk sal ’n einde maak aan al die pyn wat deur onregverdigheid veroorsaak is. Mense wat voorheen mishandel is, sal nie meer rede hê om ander te haat wat hulle mishandel het nie.

3. Goeie leierskap

“Hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie, en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie. Hy sal die armes met geregtigheid oordeel, en met regverdigheid sal hy teregwysing gee ten gunste van die nederiges van die aarde.” – JESAJA 11:3, 4.

Wat beteken dit? Jesus Christus, die Koning van God se hemelse Koninkryk, sal regverdig en onpartydig oor die aarde regeer. Jesus dink nie dat een nasie beter as ’n ander is nie, en hy kan verseker dat mense regoor die wêreld sy wette sal gehoorsaam.

4. Eenheid

God se Koninkryk leer mense om “dieselfde gesindheid en liefde te hê terwyl [hulle] heeltemal verenig is en dieselfde denke het”. – FILIPPENSE 2:2.

Wat beteken dit? Die mense onder God se Koninkryk sal nie net sê dat hulle verenig is nie. Hulle sal “heeltemal verenig” wees omdat hulle mekaar regtig sal lief hê.