Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat wetenskaplikes nie vir ons kan sê nie

Wat wetenskaplikes nie vir ons kan sê nie

Dit lyk asof wetenskaplikes omtrent elke aspek van die bekende heelal gestudeer het. Maar daar is nog steeds heelwat belangrike vrae wat hulle nie kan beantwoord nie.

Kan wetenskaplikes verduidelik hoe die heelal en lewe begin het? Die eenvoudige antwoord is nee. Party sê dat wetenskaplikes wat die heelal studeer, kan verduidelik wat die oorsprong van die heelal is. Maar Marcelo Gleiser, ’n agnostikus en ’n professor van sterrekunde aan Dartmouth-kollege, sê: “Ons het nog glad nie die oorsprong van die heelal verduidelik nie.”

’n Artikel in die tydskrif Science News sê ook oor die oorsprong van lewe: “Dit is dalk onmoontlik om vas te stel hoe lewe werklik op Aarde begin het: Die meeste van die rotse en fossiele wat kon wys wat eintlik gedurende die begin van die Aarde gebeur het, het lankal verdwyn.” Dit wys vir ons dat die wetenskap nog nie die volgende vraag beantwoord het nie: Hoe het die heelal en lewe begin?

Maar jy wonder dalk: ‘As lewe op aarde ontwerp is, wie is die ontwerper?’ Jy het dalk ook die volgende vrae gevra: ‘As ’n wyse en liefdevolle Skepper bestaan, hoekom sou hy toelaat dat mense swaarkry? Hoekom sou hy toelaat dat daar so baie verskillende godsdienste is? Hoekom sou hy toelaat dat sy aanbidders so baie slegte dinge doen?’

Die wetenskap kan nie hierdie vrae beantwoord nie. Maar dit beteken nie dat jy nie bevredigende antwoorde kan vind nie. Baie mense het wel bevredigende antwoorde in die Bybel gevind.

Gaan na jw.org om uit te vind hoekom party wetenskaplikes wat die Bybel gestudeer het, sê dat hulle in ’n Skepper glo. Soek na “beskouings oor die oorsprong van lewe”.