Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | LAAT JOU GEWOONTES VIR JOU WERK

3 Dink aan die langtermyngevolge

3 Dink aan die langtermyngevolge

Daar is ’n bekende opvatting dat dit 21 dae neem om ’n nuwe gewoonte aan te leer. Maar navorsing toon dat sommige mense in werklikheid minder tyd en ander baie meer tyd nodig het om groot veranderinge aan te bring. Moet dit jou ontmoedig?

Dink aan die volgende scenario: Sê nou jy wil in die gewoonte kom om drie keer per week te oefen.

  • Die eerste week bereik jy jou doelwit.

  • Die tweede week slaan jy ’n dag oor.

  • Die derde week bereik jy weer jou doelwit.

  • Die vierde week oefen jy net een keer.

  • Die vyfde week bereik jy weer jou doelwit en daarna bereik jy dit elke week.

Dit het vyf weke geneem om in hierdie nuwe gewoonte te kom. Dit klink dalk lank, maar wanneer jy jou doelwit bereik, sal jy bly wees dat jy ’n nuwe goeie gewoonte aangeleer het.

BYBELBEGINSEL: “Die regverdige kan selfs sewe keer val, en hy sal beslis opstaan.”Spreuke 24:16.

Die Bybel spoor ons aan om te dink aan die langtermyngevolge. Wat op die ou end saak maak, is nie hoeveel keer ons val nie, maar eerder hoeveel keer ons weer opstaan.

Wat op die ou end saak maak, is nie hoeveel keer ons val nie, maar eerder hoeveel keer ons weer opstaan

WAT JY KAN DOEN

  • Moenie dink dat jy vir altyd misluk het as jy ’n terugslag gehad het nie. Jy kan verwag om ’n paar terugslae te hê terwyl jy jou doelwit probeer bereik.

  • Konsentreer op die tye toe jy dinge reg gedoen het. Byvoorbeeld, as jy probeer om beter met jou kinders te kommunikeer, vra jou af: ‘Wanneer laas wou ek op my kinders skree, maar het ek dit toe nie gedoen nie? Wat het ek eerder gedoen? Hoe kan ek dit weer doen?’ Vrae soos hierdie kan jou help om weer sukses te behaal eerder as om aan te hou dink aan jou terugslae.

Wil jy graag weet hoe Bybelbeginsels jou in ander aspekte van jou lewe kan help, soos hoe om angstigheid te hanteer, hoe om ’n gelukkige gesinslewe te bou en hoe om ware geluk te vind? Praat met enige van Jehovah se Getuies of besoek ons webwerf, jw.org/af.