Hoe hulle portuurdwang weerstaan
Hoe hulle portuurdwang weerstaan
DIE begeerte om aanvaar te word, beïnvloed baie om hulle aan te pas by die denke en optrede van hulle portuurs. Veral jongmense het krag nodig om nee te sê vir skadelike gebruike, soos dwelmmisbruik en geslagsonsedelikheid. Hoe kan hulle portuurdwang weerstaan?
Twee tienermeisies in Pole het onlangs geskryf: “Die wêreld se gees is duidelik sigbaar onder baie van ons portuurs. Hulle kul in hulle eksamen, gebruik vuil taal en hou van ultramoderne klere en wilde, onsedelike musiek. Hoe gelukkig is ons tog dat ons artikels het wat vir ons as jongmense geskryf is en wat ons beskerm teen die invloed van onvergenoegde en opstandige tieners!
“Woorde kan nie beskryf hoe dankbaar ons vir die Wagtoring-artikels is, wat dit by ons tuisgebring het dat ander ons as jongmense nodig het en waardeer nie. Die Bybelraad wat ons ontvang het, het ons gehelp om ons voetstappe reg te rig met die doel om Jehovah God te behaag. Ons is daarvan oortuig dat getroue diens aan Jehovah die beste lewenswyse is.”
Ja, jongmense kán portuurdwang weerstaan. Deur hulle “waarnemingsvermoëns” te oefen, leer jong Christene om verstandige besluite te neem wat nie “die gees van die wêreld” weerspieël nie, maar eerder “die gees wat van God kom”.—Hebreërs 5:14; 1 Korintiërs 2:12.