Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Waarom deugsaamheid aankweek?

Waarom deugsaamheid aankweek?

Waarom deugsaamheid aankweek?

’N MIDDELJARIGE Japannese man met die naam Koenihito het onlangs na die Verenigde State getrek. a Binne weke nadat hy daar aangekom het, het hy voor ’n situasie te staan gekom wat sy loopbaan kon benadeel. Koenihito vertel: “Toe my baas my vra of ek ’n sekere verantwoordelikheid kon aanneem, was ek seker dat ek dit sou kon doen. Maar omdat ek van kleins af geleer is om beskeidenheid as ’n deug te beskou, het ek geantwoord: ‘Ek is nie seker of ek dit kan doen nie, maar ek sal my bes doen.’ Vir my Amerikaanse baas het dit geklink asof ek onbevoeg is en nie selfvertroue het nie. Toe ek dit uitvind, het ek besef dat ek ’n paar aanpassings moes maak.”

Maria, wat in die stad New York woon, was ’n uitstekende student en altyd gewillig om haar klasmaats te help. Juan was ’n medestudent wat Maria nou en dan hulp gevra het. Maar hy het ook romantiese belangstelling in haar getoon en haar probeer beïndruk. Ondanks haar begeerte om kuis te bly, het Maria aan Juan se toenadering toegegee en by onsedelikheid betrokke geraak.

Dit is beslis ’n uitdaging om deugsaamheid aan die dag te lê in die kultureel uiteenlopende en sedelik verdorwe wêreld van vandag. Waarom moet ons dus deugsaamheid aankweek? Omdat deugsame gedrag God behaag, en die meeste van ons wil ongetwyfeld baie graag sy guns geniet.

God se Woord, die Bybel, spoor die lesers daarvan aan om deugsaamheid aan te kweek. Die apostel Paulus skryf byvoorbeeld: “Watter deug daar ook al is en watter lofwaardige saak daar ook al is, hou aan om hierdie dinge te bedink” (Filippense 4:8). En die apostel Petrus spoor ons aan om ons ‘ywerig in te span om by ons geloof deug te voeg’ (2 Petrus 1:5). Maar wat is deugsaamheid? Kan dit in ’n klaskamer geleer word? Hoe kan ons dit aankweek?

[Voetnote]

a Van die name is verander.