Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die stryd teen armoede—’n Verlore stryd?

Die stryd teen armoede—’n Verlore stryd?

Die stryd teen armoede—’n Verlore stryd?

TOERISTE wat die Verenigde Nasies in die stad New York besoek, sien die Ekonomiese en Maatskaplike Raadsaal, met sy oop pype en bedrading in die plafon bo die openbare galery. Die toergids verduidelik: “Die ‘onvoltooide’ plafon word oor die algemeen beskou as ’n simboliese herinnering dat die ekonomiese en maatskaplike werk van die Verenigde Nasies nooit ophou nie; daar sal altyd nog iets wees wat gedoen kan word om die lewenstoestande van die wêreld se mense te verbeter.”

Hoewel die Raad die edele doel het om ’n beter lewenstandaard vir almal moontlik te maak, lyk dit of die taak nimmereindigend is. Interessant genoeg, gedurende Jesus Christus se aardse bediening in die eerste eeu G.J. het hy gesê: “Jehovah se gees is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus aan die armes bekend te maak” (Lukas 4:18). Wat was die “goeie nuus” wat hy bekend gemaak het? Dit was die boodskap aangaande die Koninkryk wat Jehovah God, wat ‘’n vesting word vir die behoeftige in benoudheid’, met Jesus Christus as Koning tot stand sal bring. Wat sal daardie Koninkryk bewerkstellig? Jesaja het voorspel: “Die HERE van die leërskare sal . . . vir al die volke berei ’n maaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn. Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee.”—Jesaja 25:4-6, 8.

Wil jy graag meer uitvind oor hoe God se Koninkryk ‘die lewenstoestande van die wêreld se mense sal verbeter’ sodat daar geen tekort sal wees nie? Lees gerus hieronder wat jy moet doen as jy wil hê dat ’n bekwame onderrigter jou moet besoek om jou meer te vertel van wat die Bybel hieroor sê.