Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bloedlose chirurgie—“’n Sterk mediese tendens”

Bloedlose chirurgie—“’n Sterk mediese tendens”

Bloedlose chirurgie—“’n Sterk mediese tendens”

ONDER die opskrif “‘Bloedlose’ chirurgie”, het die tydskrif Maclean’s berig dat dokters regoor Kanada “nuwe tegnieke ontwikkel wat, gedurende die afgelope vyf jaar, sogenaamde bloedlose chirurgie in ’n sterk mediese tendens verander het”. Brian Muirhead, ’n narkotiseur by Winnipeg se Sentrum vir Gesondheidswetenskappe, is een van hulle. Wat het hom beweeg om na alternatiewe bloedlose behandeling te soek?

In 1986 het dr. Muirhead die uitdaging aanvaar om ’n operasie te doen op ’n 70-jarige man met ’n bloeiende maagseer wat, weens sy Bybelse oortuiging as een van Jehovah se Getuies, gevra het vir behandeling wat nie ’n bloedoortapping verg nie (Handelinge 15:28, 29). Dr. Muirhead “het gebruik gemaak van ’n metode wat selde gebruik word, naamlik om ’n soutoplossing in die pasiënt se bloed in te pomp om sy bloeddruk normaal te hou”, berig Maclean’s. “Die operasie was ’n sukses, en dit het Muirhead se toenemende oortuiging versterk dat ‘ons te veel bloedoortappings gee. Ek het gedink dat dit tyd was om na alternatiewe te kyk.’”

Die soeke na bloedlose chirurgie is “aangedryf deur kommer oor die toekomstige voorraad geskenkte bloed—en deur baie pasiënte se vrese dat hulle ’n siektevirus van die oortapping sal kry”. Danksy die navorsing deur innoverende dokters vind nie net Jehovah se Getuies nie, maar baie ander ook daarby baat. “Buiten dat bloedlose chirurgie in baie gevalle die behoefte aan oortappings uitskakel, verminder dit ook die gevaar—hoe gering ook al—van infeksie deur besmette bloed”, sê Maclean’s. Maar selfs “skoon” bloed kan ’n gevaar van infeksie inhou deur pasiënte se immuunstelsel tydelik te onderdruk.

Wat sit agter die vaste oortuiging van Jehovah se Getuies in verband met alternatiewe bloedlose behandeling? Jy sal dalk daarin belangstel om die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red? te lees. Jehovah se Getuies sal met graagte vir jou ’n eksemplaar gee.