Jesus se opstanding word betwis
Jesus se opstanding word betwis
“Ek kan julle eerlik sê dat ons, hoewel ons heeltemal seker kan wees dat Jesus gelewe het . . . , nie met dieselfde sekerheid kan sê ons weet dat Hy deur God uit die dode opgewek is nie.” Dit is wat die Anglikaanse Kerk se hooggeplaaste prelaat, die Aartsbiskop van Kantelberg, gesê het.
DIE Christenapostel Paulus het glad nie hieroor getwyfel nie. In hoofstuk 15 van sy eerste geïnspireerde brief aan mede-Christene in eertydse Korinte het Paulus geskryf: “Ek het, as een van die eerste dinge, aan julle oorgedra wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die Skrif; en dat hy begrawe is, ja, dat hy op die derde dag opgewek is, volgens die Skrif.”—1 Korintiërs 15:3, 4.
Dit was geloof in die opstanding van Jesus Christus wat sy dissipels beweeg het om die evangelie in die hele Grieks-Romeinse wêreld te verkondig—“in die hele skepping wat onder die hemel is” (Kolossense 1:23). Trouens, Jesus se opstanding is juis die grondslag van ’n Christen se geloof.
Maar reg van die begin af was daar mense wat die opstanding van Jesus in twyfel getrek het en nie daaraan geglo het nie. Vir die Jode oor die algemeen was dit lasterlik van Jesus se volgelinge om te beweer dat hierdie man wat aan die paal gehang is, die Messias is. En vir die meeste geleerde Grieke, wat aan die onsterflikheid van die siel geglo het, was die blote idee van ’n opstanding afstootlik.—Handelinge 17:32-34.
Hedendaagse twyfelaars
In onlangse jare het party geleerdes wat sê dat hulle Christene is, boeke en artikels gepubliseer wat Jesus se opstanding as ’n fabel afmaak, en hulle het ’n hewige debat oor hierdie onderwerp aan die gang gesit. In hulle soeke na “die geskiedkundige Jesus” voer verskeie geleerdes aan dat die Evangelieverslae van die leë graf en Jesus se verskynings ná sy opstanding blote verdigsel is, wat lank ná sy dood versin is om bewerings van sy hemelse mag te staaf.
Neem byvoorbeeld die beskouings van die Duitse geleerde Gerd Lüdemann, ’n professor van die Nuwe Testament en die skrywer van die boek What Really Happened to Jesus—A Historical Approach to the Resurrection. Hy voer aan dat Jesus se opstanding “’n leë formule” is wat verwerp moet word deur enigiemand wat ’n “wetenskaplike beskouing van die wêreld” het.
Professor Lüdemann sê dat die verrese Christus wat aan die apostel Petrus verskyn het, 1 Korintiërs 15:5, 6). Kortom, baie geleerdes maak die Bybelverslae oor die verrese Jesus af as ’n reeks persoonlike ondervindinge wat ’n hernieude gevoel van geestelike selfvertroue en sendingywer in die dissipels voortgebring het.
’n visioen was wat Petrus gehad het weens sy oorweldigende droefheid en skuldgevoel omdat hy Jesus verloën het. En volgens Lüdemann was Jesus se verskyning aan meer as 500 gelowiges op een slag ’n geval van “massa-ekstase” (Baie mense stel natuurlik nie in akademiese woordestryde belang nie. Maar ’n bespreking van Jesus se opstanding moet vir ons almal van belang wees. Waarom? Want as hy nie opgewek is nie, berus die Christelike godsdiens op ’n valse grondslag. As Jesus se opstanding aan die ander kant werklik ’n feit van die geskiedenis is, is die Christelike godsdiens op die waarheid gegrond. Onder hierdie omstandighede word nie net wat Christus gesê het, geregverdig nie, maar ook sy beloftes. As daar bowendien ’n opstanding is, is die dood nie die groot oorwinnaar nie, maar ’n vyand wat oorwin kan word.—1 Korintiërs 15:55.
[Foto-erkenning op bladsy 3]
From the Self-Pronouncing Edition of the Holy Bible, containing the King James and the Revised versions