Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Koop jy die geleë tyd uit’?

‘Koop jy die geleë tyd uit’?

‘Koop jy die geleë tyd uit’?

DIE apostel Paulus het die Christene in die eerste-eeuse Efese vermaan: “Let . . . voortdurend streng op hoe julle wandel, dat dit nie as onwyses is nie, maar as wyses, terwyl julle die geleë tyd vir julleself uitkoop, omdat die dae goddeloos is” (Efesiërs 5:15, 16). Waarom was hierdie raad nodig? Die antwoord op hierdie vraag verg dat ’n mens weet in watter toestande Christene in daardie eertydse stad verkeer het.

Efese was bekend vir sy ontsaglike rykdom, growwe onsedelikheid, misdaad wat hoogty gevier het en verskillende demoniese bedrywighede. Daarbenewens het daardie Christene met filosofiese oortuigings aangaande tyd te kampe gehad. Die nie-Christelike Grieke in Efese het nie geglo dat tyd in een rigting beweeg nie. Griekse filosofie het hulle geleer dat die lewe in eindelose kringlope herhaal word. Iemand wat sy tyd in een lewenskringloop verkwis het, kon dit alles in ’n ander kringloop terugkry. Sulke denke kon Efesiese Christene beweeg het om ’n ongeërgde gesindheid aan te neem teenoor Jehovah se tydrooster van gebeure, waaronder sy tydrooster vir Goddelike oordeel. Paulus se raad om ‘die geleë tyd uit te koop’, was dus gepas.

Paulus het nie van tyd oor die algemeen gepraat nie. Die Griekse woord wat hy gebruik het, dui op ’n vasgestelde tyd, ’n geskikte tyd vir ’n spesifieke doel. Paulus het die eerste-eeuse Christene vermaan om die geleë tydperk, of gunstige tyd, wat hulle toe geniet het, verstandig te gebruik, voordat dit tot ’n einde kom en Goddelike barmhartigheid en die aanbod van redding teruggetrek word.—Romeine 13:11-13; 1 Tessalonisense 5:6-11.

Ons lewe in ’n soortgelyke geleë tydperk. Dit sal vir Christene verstandig wees om nie hierdie eenmalige gunstige tyd te verkwis deur die tydelike genietinge na te jaag wat die wêreld bied nie, maar om eerder die tyd wat tot hulle beskikking is, te gebruik om “dade van godvrugtige toegewydheid” te verrig en sodoende hulle verhouding met die Skepper, Jehovah God, te versterk.—2 Petrus 3:11; Psalm 73:28; Filippense 1:10.